Heg betekenis aan jou werkVoorbeeld

Give Your Work Meaning

DAG 3 VAN 4

Vertrou Dat God Altyd Aan Die Werk Is

Vir wie jy werk maak saak, en kan die waarde wat jy aan jou werk heg, beïnvloed. As ons die mense vir wie ons werk respekteer en positief voel oor ons organisasie, is ons meer geneig om ons beste te lewer. Wanneer ons sleg behandel word of probleme met mense by die werk het, is dit maklik om moedeloos, gefrustreerd en selfs kwaad te word. Om mense te oordeel kan 'n negatiewe impak hê op ons motivering om ons beste werk te doen. 

Josef het rede gehad om kwaad en bitter te wees. Hy is in die tronk gegooi vir iets wat hy nie gedoen het nie. Tog het Josef aangehou om op God te vertrou en die tronkbewaarders met uitnemendheid te dien. Dit het daartoe gelei dat hy in beheer van al die gevangenes aangestel is. Toe die bakker en die skinker, wat ook in die tronk was, ontsteld voorgekom het, het Josef aan hulle sy besorgdheid getoon. Hy het na hulle ontstellende drome geluister en die uitleg wat God vir hom gewys het, aan hulle oorgedra. Weens hierdie goedgesindheid het die skinker later vir Josef aanbeveel toe die farao 'n ontstellende droom gehad het wat niemand kon verklaar nie. Selfs toe het Josef nie probeer om homself goed te laat lyk nie. Hy het vir die farao gesê dat niemand, behalwe God, drome kan vertolk nie. Toe het hy die uitleg wat God aan hom gegee het voorsien. 

Omdat Josef getrou was in die gevangenis, het God hom oor die hele Egipte aangestel (Luk 16:10). God was die hele tyd met Josef en het hom voorberei, wysheid gegee en die omstandighede beplan om sy doelwitte te bereik. 

As ons motivering om ons beste te doen, beïnvloed word deur die gedrag van ander, sal ons toewyding om ons beste te lewer, wisselvallig wees. Wat sal egter gebeur as jy altyd in jou werk op God vertrou? Om ons werk vir God te doen, bemagtig ons om op 'n gereelde basis uitstekende resultate te lewer. Hoe kan jy vandag jou vertroue op God by die werk vermeerder?

Gebed

Vader, vergewe my vir die tye wat ek toelaat dat my oordeel van ander my houding teenoor my werk negatief beïnvloed. Vermeerder my geloof, sodat al die werk wat ek doen tot u eer sal wees. Werk in my hart sodat ek 'n positiewe houding kan handhaaf. In die Naam van Jesus. Amen.

 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Give Your Work Meaning

Baie van ons bring ongeveer 50% van ons volwasse lewe by die werk deur. Ons wil weet dat ons werk iets beteken, dat ons werk saak maak. Ongelukkig veroorsaak spanning, daaglikse eise en teenspoed dat ons ons werk as moeilik beskou; iets om net klaar te kry. Hierdie leesplan sal jou help om te besef watter krag jy het om 'n positiewe betekenis in jou werk te vind, as dit in geloof gewortel is. 

More

Baie dankie aan Workmatters wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.workmatters.org/workplace-devotions/