Heg betekenis aan jou werkVoorbeeld
Wat ons Werk Beteken is Ons Keuse
In Genesis 37:5-7 en vers 9, het Josef gedroom oor God se roeping vir sy lewe. Hy het gedroom dat hy in 'n posisie van mag is sodat selfs sy eie gesinslede voor hom buig. Sy broers was natuurlik jaloers en hulle wou van hul jonger broer ontslae raak. Toe hulle ver van hulle huis af was en Josef gaan kyk het of alles by hulle reg is, het hulle die geleentheid aangegryp om hom as a slaaf te verkoop. So het Josef se lewe 'n ompad geneem.
Josef is geforseer om as 'n slaaf in 'n vreemde land te gaan werk waar die mense geen respek vir God gehad het nie. Hulle kon egter nie die vryheid om 'n positiewe houding teenoor sy werk te hê, van Josef af wegneem nie. Josef het nie toegelaat dat sy werk bepaal wie hy is nie. Alhoewel Potifar Josef se baas was, het Josef gekies om die Here aan te hou dien en om sy werk na die beste van sy vermoë te doen. As gevolg hiervan het God vir Josef geseën met sukses in alles wat hy gedoen het; en Potifar het hom in beheer van al sy besittings geplaas.
Ons almal droom oor die ideale werk wat ons wil doen. Miskien is die werk wat jy nou doen ver verwyderd van die droom wat jy vir jouself gehad het. Dit maak nie regtig saak nie — ons almal kies, bewustelik of onbewustelik, wat ons werk vir ons beteken. Die betekenis wat ons aan ons werk gee, bepaal ons houding daaroor en dit bepaal weer die gehalte en uitnemendheid waarmee ons ons werk verrig — en uiteindelik hoe God ons kan gebruik!
Ons het die keuse om ons werk in 'n positiewe lig te sien. As ons dit doen, sal ons heel moontlik nie net ons werk goed doen nie, maar ons sal toelaat dat ander God in ons sien. Ons identiteit is uiteindelik in God en nie in ons werk nie. Vra God om jou te wys wat Hy deur jou werk in sy koninkryk wil bereik.
Gebed
Vader God, help my om my werk vandag deur u oë te sien. Herinner my daaraan dat U al die goeie werk wat ek uit liefde vir U doen, gebruik om Christus se liefde aan ander te wys. Laat my kollegas Christus vandag in my sien. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.
Lees Nog Meer Hieroor
Ontdek hoe om betekenis in die mees alledaagse werk te vind Workmatters blog.
Aangaande hierdie leesplan
Baie van ons bring ongeveer 50% van ons volwasse lewe by die werk deur. Ons wil weet dat ons werk iets beteken, dat ons werk saak maak. Ongelukkig veroorsaak spanning, daaglikse eise en teenspoed dat ons ons werk as moeilik beskou; iets om net klaar te kry. Hierdie leesplan sal jou help om te besef watter krag jy het om 'n positiewe betekenis in jou werk te vind, as dit in geloof gewortel is.
More