Heg betekenis aan jou werkVoorbeeld
Kies God se Bedoeling Met Werk
Dikwels het Christene die wanopvatting dat die enigste werk wat vir God saak maak, die werk van pastore, sendelinge en nie-winsgewende organisasies is. Die gevaar is dat ons ander werk as onbeduidend beskou, wat 'n negatiewe invloed op ons houding en motivering kan hê. Die feit is dat alle werk vir God belangrik is. God wil hê ons moet hom deel maak van enige werk wat ons doen, om sodoende ander te dien en sy doelstellings te verwesenlik.
Josef het dit verstaan, selfs in sy grootste beproewings. Josef het nie 'n slegte houding ontwikkel nie, selfs nie toe sy omstandighede erger geword het nie. Hy het nie net oorleef omdat die werk wat hy moes doen nie sy uiteindelike roeping was nie. Josef het geweet vir wie hy eintlik werk — vir God. Die resultaat sien ons vier keer in Gen 39 "… en die Here was met Josef" (Gen 39:2, 3, 21, 23). Toe Potifar se vrou voortdurend vir Josef genader het, het hy gesê: “Meneer steur hom aan niks vandat ek hier is nie … Wat hy besit, het hy onder my sorg geplaas. Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag as ek het nie. Meneer het niks van my terug gehou nie, behalwe vir u, want u is sy vrou. Hoe kan ek so ‘n verkeerde ding doen? Ek sal mos teen God sondig” (Gen 39:9). Josef het besef dat sy sukses van God afkomstig was, en dat hy nie moes nalaat om God te vereer nie.
Alhoewel Josef gekies het om die regte besluit te neem, is hy verkeerdelik beskuldig, uit sy pos ontslaan, en in die tronk gegooi. Te midde van die onregverdige omstandighede, het Josef nooit opgehou om God te vereer, en diegene om hom te dien nie. Toe Josef in die tronk was, was die Here met hom en die tronkbewaarders was hom goedgesind.
Net soos Josef, gaan ons onregverdige omstandighede by die werk ondervind. Ons moet daarteen waak om ‘n negatiewe houding te ontwikkel wanneer dinge verkeerd afloop. Jesus sê vir ons: "In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin” (Johannes 16:33). Ons moet te alle tye op God vertrou, dan sal ons werk vrugte dra. "Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie" (Johannes 15:5).
Wat kan jy vandag doen om jou werk deur God se oë te sien?
Gebed
Dankie Vader vir die werk wat U my gegee het. Dankie dat U my suksesvol gemaak het. Help my om te alle tye in U te bly, sodat ek in alle omstandighede ander met uitnemendheid kan dien, selfs as dinge nie goed gaan nie. Help my om op Jesus gefokus te bly. In die Naam van Jesus. Amen.
Vir Verdere Ondersoek
Ontdek hoe om God se doel met werk te soek. Kyk na hierdie video van Bonnie Wurzbacher, voormalige senior vise-president van die Coca-Cola Maatskappy.
Aangaande hierdie leesplan
Baie van ons bring ongeveer 50% van ons volwasse lewe by die werk deur. Ons wil weet dat ons werk iets beteken, dat ons werk saak maak. Ongelukkig veroorsaak spanning, daaglikse eise en teenspoed dat ons ons werk as moeilik beskou; iets om net klaar te kry. Hierdie leesplan sal jou help om te besef watter krag jy het om 'n positiewe betekenis in jou werk te vind, as dit in geloof gewortel is.
More