Skep ruimteVoorbeeld

Making Space

DAG 6 VAN 8

Vriendskap

Vandag gaan ons fokus op die persoonlikheid en vriendskap van Jesus soos dit by sy laaste maaltyd saam met sy dissipels voor sy dood duidelik na vore gekom het. Deur gedurig na Jesus en sy woorde in Johannes 15:12-17 te kyk, vind ons beide ons identiteit in Christus en ons roeping om liefdevolle vriendskappe te koester.

Jesus se verhouding met die dissipels verduidelik wat vriendskap is en die wysheid daarvan. Selfs Jesus, wat God was, het Homself nie geïsoleer nie, maar het vriendskap nagejaag. Selfs Jesus, wat die Messias was, het die hulp van sy vriende opgesoek. Oor die loop van die jare, het Jesus ontelbare maaltye, wandelinge, werksdae en selfs partytjies met sy vriende gedeel. Aan die einde van sy lewe, het Hy hulle sy vriende genoem en gesê dat Hy vir hulle sou sterf.

In Christus is ons nie meer vyande van God of slawe van die sonde nie; ons is nou vriende van God. Ons hoef nie langer onsself te bewys, te probeer om raakgesien te word of in vrees te lewe nie. Jesus het ons vriende van God gemaak. As jy ware vriende wil hê, moet jy eers deur die kruis van Jesus Christus vriendskap met God leer ken. Hy het jou sondes vergewe, jou vrygemaak van jou bitterheid, die wonde van die verlede genees en jou die liefde van God gegee om 'n ware vriend te wees. Ware vriendskap gebeur op geen ander manier nie.

Die nuwe gebod wat Jesus gee is dat ons ander moet liefhê soos Christus ons liefhet (sien vers 12). Hy wil hê dat ons vriendskap en eenheid op so 'n manier met mekaar moet hê dat die wêreld sal weet ons is vriende van Jesus. Vergifnis is 'n noodsaaklike element van Jesus se vriendskap met ons. Wanneer ons liefhet soos Jesus liefhet en ons is vriende soos Jesus 'n vriend is, vergewe ons soos Jesus ons vergewe. 

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Making Space

In 'n besige wêreld moet ons plek maak vir die dinge wat die belangrikste is. Ons moet leer om Goddelike wysheid toe te pas wat jou sal help om hierdie aktiwiteite deel van jou besige lewe te maak. In sommige gevalle sal jy vind dat jy die verkeerde dinge doen. Of dat jy dalk die regte dinge vir die verkeerde redes doen of op 'n verkeerde manier doen, dus is hulle nie lewegewend of vervullend nie. 

More

Ons wil graag vir LifeWay bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lifeway.com/en/product-family/making-space?vid=makingspace