Skep ruimteVoorbeeld
Hart
As ons nie leer hoe om ons harte voor God te bring en eerlik te ondersoek wat regtig binne onsself aan die gang is nie, sal ons onsself van ander en van God afsluit. Ons sal ophou om mekaar lief te hê. Een van die grootste uitdagings vir die kerk in Suid-Afrika vandag, is dat ons nie aandag gee aan ons harte nie. Ons is dikwels tevrede daarmee om voort te gaan met goeie, soliede teologie sonder om aandag te gee aan die toestand van ons harte. Gevolglik lewe ons in isolasie met wonde wat sweer.
Ons is nie "buite-in" mense nie, maar "binne-uit" mense. Wanneer ons voel dat iets met ons verkeerd is, probeer die meeste van ons die probleem op te los deur besiger te raak. Ons verander ons skedule. Ons vertel onsself ons sal gesonder eet, meer oefen of minder tyd op ons selfone deurbring. Die probleem is egter nie hierdie dinge nie; die probleem is ons harte. Hulle is siek en het God se hulp nodig. Ons kan nie ons harte verander deur ons gedrag aan te pas nie; ons harte moet herskep word.
Dit is onmoontlik om 'n rein hart te hê sonder die evangelie se herskepping. God moet na ons toe kom en ons nuut maak. Ons moet ons harte ondersoek en die Heilige Gees innooi om aan te hou om ons te verander. Die evangelie is nie net vir die oomblik wat ons begin glo, bedoel nie. Ons het die evangelie elke oomblik van ons lewe nodig. Ons harte word deur die Heilige Gees nuut gemaak, die oomblik wat ons begin glo; as ons die Gees dag na dag najaag, word ons harte ook vernuwe.
As jy nie stadiger lewe en vra: "Vader, werk in my hart; openbaar wat ek glo, openbaar wat ek dink, openbaar wat ek wil hê, openbaar wat ek kortkom" nie, sal jy aanhou om weg te hardloop van jou hart af. Jou hart is egter die dryfkrag agter alles wat jy doen. As jou hart nooit ondersoek word nie, sal jy jou lewe verloor terwyl jy dinge najaag wat jy nie eens verstaan nie. Jy sal moeg wees. Jou siel sal uitgeput wees.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In 'n besige wêreld moet ons plek maak vir die dinge wat die belangrikste is. Ons moet leer om Goddelike wysheid toe te pas wat jou sal help om hierdie aktiwiteite deel van jou besige lewe te maak. In sommige gevalle sal jy vind dat jy die verkeerde dinge doen. Of dat jy dalk die regte dinge vir die verkeerde redes doen of op 'n verkeerde manier doen, dus is hulle nie lewegewend of vervullend nie.
More