Skep ruimteVoorbeeld

Making Space

DAG 1 VAN 8

Regdeur Spreuke en spesifiek in die eerste nege hoofstukke, vertel Salomo vir ons dat ons 'n duidelike keuse het: wysheid of dwaasheid. Die wyse ken vir God en beleef 'n vol lewe, terwyl die dwase vir God weier en die dood ervaar. Die wyses gee hul lewens aan God oor, terwyl die dwase hulle lewens oorgee aan die vlietende dinge van hierdie wêreld. 

Hoe weet jy of jy in die vrees van die Here lewe? Jy is gewillig om alles aan Hom oor te gee — alles. Dié wat die Here vrees, weerhou niks van Hom nie. Met ander woorde, hulle gee met vreugde hulle lewens aan die Een wat lewe is. 

Baie keer wanneer ons Spreuke lees, soek ons na nuttige stukkies om rigting aan ons besige lewens te gee. Baie van die maniere waarop ons probeer om deur ons chaotiese lewens te kom, is deur te organiseer, reëls neer te lê en perke te stel, en nuwe tegnologie te gebruik. Spreuke gaan egter nie oor ons nie. Dit gaan oor die Here. Om die Here te vrees, beteken om in eerbiedige ontsag na Hom te kyk. Ons kan nie wysheid verstaan sonder om die Here Jesus Christus ​​te ken nie. Spreuke plaas wysheid binne die konteks van hierdie soort vrees vir die Here. 

Jesus is genadig, vol deernis, gasvry, alomteenwoordig, hardwerkend, vrygewig, liefdevol en braaf. Sy karakter kan die beste uitgedruk word deur sy onderwerping aan die Vader en Heilige Gees in elke oomblik en faset van sy lewe.

Jesus het God die Vader en die Heilige Gees getrou gevolg, na Hulle geluister en saam met Hulle gewandel tot by die kruis en met sy opstanding. In die evangelie vertoon en bied sy werk oorvloedige lewe aan almal vir elke faset van die lewe. As ons wil wys wees, moet ons erken dat ons dwase was wat Jesus nodig het — God se wysheid vir ons. Wysheid kom na ons toe as 'n gawe van God. Omdat God ons gered, geroep en gekies het, het die wysheid van God deur Christus na ons toe gekom. 

Jesus sê as jy na Hom kyk en Hom volg, sal Hy vir jou wysheid wees. Dit beteken dat jy nie net vergewe word vir jou dwaasheid nie, maar dat jy ook die Gees van wysheid kry wat in jou kom woon en vir jou krag en rigting gee vir 'n nuwe lewe. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Making Space

In 'n besige wêreld moet ons plek maak vir die dinge wat die belangrikste is. Ons moet leer om Goddelike wysheid toe te pas wat jou sal help om hierdie aktiwiteite deel van jou besige lewe te maak. In sommige gevalle sal jy vind dat jy die verkeerde dinge doen. Of dat jy dalk die regte dinge vir die verkeerde redes doen of op 'n verkeerde manier doen, dus is hulle nie lewegewend of vervullend nie. 

More

Ons wil graag vir LifeWay bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lifeway.com/en/product-family/making-space?vid=makingspace