Skep ruimteVoorbeeld

Making Space

DAG 4 VAN 8

Woord en Gebed

Wanneer ons die Bybel lees, soek ons na God. Wanneer ons bid, luister ons na God. Bybelstudie gaan nie daaroor om 'n gebruikershandleiding vir die lewe te ontdek nie, maar eerder om God te vind en te verstaan. Net so is gebed nie 'n muntoutomaat of 'n konsultasie nie. Wanneer ons by die Bybel en gebed betrokke raak, bring ons ons lewens na God toe om Hom te ontvang.

In Spreuke 2:1, spreek God ons aan as: “My seun,” waar Hy die posisie van Vader inneem. God is ons Vader wat met ons praat, ons lewens koester en vrylik vir ons wysheid gee. God weet alles, is ons skat en ons skild. 

Wanneer ons die Bybel lees en bid, wil ons ook God se werk, lewe en sy optrede in hierdie wêreld sien en verstaan. Daarom vra ons vir God in gebed: "Wat het U gedoen en, wat doen U nou?”

In hierdie gedeelte sien ons dat God bevele gee, met ons praat, ons begryp, ons beskerm, oorvloedige wysheid gee en oor ons waak. God maak Homself bekend en maak insette in elke area van ons lewens om wysheid en kennis te bring wat vir ons siele aangenaam is.

Jy is 'n seun of dogter van God. In Christus is jy beskerm, bewaak, eerlik en 'n woonplek vir wysheid. Jy is sy kind, nie omdat jy jou beste gedoen het nie, maar omdat God die Vader is. Jy is beskerm, nie omdat jy jouself bewaak het nie, maar omdat God jou skild is. Jou identiteit is in sy identiteit gevestig.

Hier is net 'n paar gevolge van hierdie gedeelte. Ons is geroepe om God se woorde te ontvang, daaraan aandag te gee, Hom aan te roep, ons stem tot Hom te verhef, na Hom soos na 'n skat te soek, Hom te verstaan, kennis te vind, wysheid te ontvang en om regverdigheid te verstaan. Deur hierdie gevolge word die motivering en die manier waarop ons na God toe kom, geheroriënteer wanneer ons die Bybel lees en bid. 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Making Space

In 'n besige wêreld moet ons plek maak vir die dinge wat die belangrikste is. Ons moet leer om Goddelike wysheid toe te pas wat jou sal help om hierdie aktiwiteite deel van jou besige lewe te maak. In sommige gevalle sal jy vind dat jy die verkeerde dinge doen. Of dat jy dalk die regte dinge vir die verkeerde redes doen of op 'n verkeerde manier doen, dus is hulle nie lewegewend of vervullend nie. 

More

Ons wil graag vir LifeWay bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lifeway.com/en/product-family/making-space?vid=makingspace