21 Dae van Vas en Gebed LeesplanVoorbeeld

21 Days Of Fasting And Prayer Devotional

DAG 8 VAN 21

Ons sal almal stryde hê in ons lewens. Die vraag is, hoe sal ons reageer in die aangesig van hierdie stryde? In 2 Kronieke 20, was Koning Josafat gekonfronteer met 'n groot weermag wat die mag gehad het om sy koninkryk te vernietig. Hy het geweet dat dit nodig was vir hom en sy mense om te vas.

In reaksie op die mense wat vas, het die Here Josafat bemoedig deur te sê, "Moenie vrees nie, moenie bang wees vir hierdie groot menigte nie, want hierdie oorlog is nie 'n saak vir julle nie, maar vir God" (2 Kronieke 20:15). Wat jy ook al in die gesig staar, ons dien 'n God wat ons stryde wil stry! Wanneer jy staatmaak op jou hemelse Vader is Hy getrou en gaan voor jou uit.

Vers 21 vertel ons dat: "Josafat het met die volk oorleg gepleeg en toe sangers laat plek neem voor die gewapende manne. Hulle het vooruit geloop in hulle gewyde klere en die Here geloof met die woorde: 'Loof die Here, aan sy liefde is daar geen einde nie.'”

Voordat enige swaard opgelig was, was lof opgehef vir die oorwinning wat die Here sou bring. Lofprysing gaan die veldslag vooruit. Die hoofstuk gaan voort deur te sê "toe die sangers met die lofprysing en gebed begin" het die Here hulle vyand begin verslaan. Josafat se posisie van lofprysing het God se krag oor die veldslag vrygelaat wat hy in die gesig gestaar het!

Wanneer ons vas is die belangrikste ding wat ons kan doen om tyd deur te bring om God te dank en te prys. Moenie net oor die probleem bid nie maar prys God wetende dat Hy 'n God is wat probleme oplos. Watter stryd jy ook al in die gesig staar, die Here is getrou om vir jou te veg as jy na Hom kyk en sy Naam prys. 

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

21 Days Of Fasting And Prayer Devotional

Die James River Church 21 Dae van Vas en Gebed leesplan is ontwerp om jou te bemoedig en te versterk terwyl jy tyd toewy om 'n nouer pad met die Here te loop. Die leesplan bevat kort oordenkings en Skrifgedeeltes vir elke dag. Ons weet dat wanneer jy tyd deurbring om te vas en te bid, jy sal sien dat God meer doen as wat jy kan vra of jou kan voorstel!

More

Baie dankie aan James River Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek: https://jamesriver.org/