21 Dae van Vas en Gebed LeesplanVoorbeeld
Ons begeertes bepaal dikwels die koers van ons lewens. Wat ons wil hê motiveer ons. Ons begeertes bepaal wat ons doen, wat ons najaag en selfs hoe ons dink. Wat is dit wat jy begeer?
Die psalmdigter Dawid het geskryf: "Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag: dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon om sy goedheid te belewe en daaroor na te dink in sy tempel." As 'n koning het Dawid geweet dat hy baie dinge nodig het en daar was vir seker baie dinge wat meegeding het vir sy aandag. Wanneer hy egter tyd in die Here se teenwoordigheid deurgebring het, het hy besef dat net een ding regtig meer belangrik was as enige iets anders — om in God se teenwoordigheid te wees.
Daar word gesê dat "wanneer God al is wat jy het, vind jy uit dat God al is wat jy nodig het." Terwyl dit die waarheid is, kan daar ook gesê word dat "wanneer God al is wat jy wil hê, vind jy uit dat God al is wat jy nodig het." In die bergpredikasie het Jesus gesê: "Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee."
Terwyl jy vas, maak dit jou nommer een prioriteit in jou lewe om die Here te soek — soek die Gewer meer as die geskenk. Om nader aan God te groei in ons wandel met Hom is beter as om te kry wat ons nodig het.
Aangaande hierdie leesplan
Die James River Church 21 Dae van Vas en Gebed leesplan is ontwerp om jou te bemoedig en te versterk terwyl jy tyd toewy om 'n nouer pad met die Here te loop. Die leesplan bevat kort oordenkings en Skrifgedeeltes vir elke dag. Ons weet dat wanneer jy tyd deurbring om te vas en te bid, jy sal sien dat God meer doen as wat jy kan vra of jou kan voorstel!
More