21 Dae van Vas en Gebed LeesplanVoorbeeld

21 Days Of Fasting And Prayer Devotional

DAG 17 VAN 21

Die gemiddelde volwassene neem 35 000 besluite per dag. Van die oomblik wat jou alarm afgaan begin jou besluitneming proses. Met so baie besluite om te neem kan dit moeilik wees om te weet waar jy jou tyd moet deurbring, maar die apostel Paulus voorsien waardevolle insig oor hoe om God se wil in jou lewe te vervul. Hy vertel ons om nooit op te hou bid nie.

Wanneer ons besluit om aanhoudend te bid, herbelyn ons ons gedagtes en ons prioriteite op 'n manier wat ons besluitneming direk affekteer. God gee om oor hoe jy jou tyd en jou energie aanwend. Die psalmdigter skryf in Psalm 37:23 dat God behae het in elke besonderheid van ons lewens — Hy wil betrokke wees in alles! So, al gaan jy in 'n vergadering of neem jou kinders na hul volgende aktiwiteit toe — bid vir die Here se teenwoordigheid om jou vooraf te gaan in elke oomblik.

In die 35 000 besluite wat jy vandag gaan neem, maak dit 'n prioriteit om te bid en nooi God se rigting in elke deel van jou dag. Gebruik hierdie 21 Dae van Vas en Gebed om nie net wat jy nodig het te kry van God nie maar beweeg nader aan God. Wanneer ons nader aan God is, het ons alles wat ons nodig het!

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

21 Days Of Fasting And Prayer Devotional

Die James River Church 21 Dae van Vas en Gebed leesplan is ontwerp om jou te bemoedig en te versterk terwyl jy tyd toewy om 'n nouer pad met die Here te loop. Die leesplan bevat kort oordenkings en Skrifgedeeltes vir elke dag. Ons weet dat wanneer jy tyd deurbring om te vas en te bid, jy sal sien dat God meer doen as wat jy kan vra of jou kan voorstel!

More

Baie dankie aan James River Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek: https://jamesriver.org/