21 Dae van Vas en Gebed LeesplanVoorbeeld

21 Days Of Fasting And Prayer Devotional

DAG 20 VAN 21

Die geluid van donder kon kilometers ver gehoor word, tog was daar geen wolke in die lug nie. Die hoewe van Farao se perde het die Israeliete begin inhaal. Farao en ses honderd van sy beste strydwaens saam met elke beskikbare soldaat was op pad na die reisende skare van vrygestelde slawe.

Hulle vryheid, die hoop wat hulle gevoel het was nie verlore nie. Die Israeliete het na Moses geroep: "Is daar nie begraafplek in Egipte nie dat jy ons saamsleep om in die woestyn te sterwe?" Hulle was nie toegerus om so 'n groot weermag te weerstaan nie.

"Maar Moses het die volk geantwoord: 'Moenie bang wees nie. Staan vas, kyk hoe die Here julle vandag gaan red, want soos julle die Egiptenaars nou daar sien, sal julle hulle nooit weer sien nie. Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg'” (Eksodus 14:13-14). 

Dit is presies wat God gedoen het.

Waarvan het jy verlossing nodig? Miskien voel jy soos die Israeliete dat jy vasgevang is. Vir die Israeliete was dit die Rooisee en die Egiptiese weermag. Vir jou mag dit finansiële spanning wees, siekte of sonde. Indien dit is waar jy is, moet jy nie bang wees nie. God sal vir jou veg! Jy moet jou vertroue in Hom plaas, roep uit na Hom en staan sterk in jou tyd van vas en kyk wat Hy gaan doen!

 
Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

21 Days Of Fasting And Prayer Devotional

Die James River Church 21 Dae van Vas en Gebed leesplan is ontwerp om jou te bemoedig en te versterk terwyl jy tyd toewy om 'n nouer pad met die Here te loop. Die leesplan bevat kort oordenkings en Skrifgedeeltes vir elke dag. Ons weet dat wanneer jy tyd deurbring om te vas en te bid, jy sal sien dat God meer doen as wat jy kan vra of jou kan voorstel!

More

Baie dankie aan James River Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek: https://jamesriver.org/