21 Dae van Vas en Gebed LeesplanVoorbeeld

21 Days Of Fasting And Prayer Devotional

DAG 19 VAN 21

Watter struikelblokke wil jy hê God se krag moet vandag vir jou deurwerk? Vir watter situasie of uitdaging het jy gebrek aan geloof om voor te vra in gebed? Jesus sê die kleinste hoeveelheid geloof sal groot resultate produseer. Daardie resultate sal 'n direkte impak hê in jou geloof om te bid met groter selfvertroue en moed vir die onmoontlike om moontlik te word.

In Matteus Hoofstuk 17 reageer Jesus op sy dissipels se onbekwaamheid om 'n demoon uit 'n seun te dryf. Jesus identifiseer hulle gebrek aan geloof as die primêre rede waarom die seun nie gesond gemaak is toe hulle vir hom gebid het nie. Ons weet die dissipels se geloof was nie kragteloos nie maar hulle geloof was nie behoorlik in werking nie. Jesus vertel sy dissipels dat geloof wat berge kan verskuif moontlik is al is daar net 'n klein bietjie geloof teenwoordig.

Joodse literatuur verbind dikwels die skuif van 'n berg met skynbaar onmoontlike gebeurtenisse soortgelyk aan hierdie soort van genesing. God begeer dat sy volgelinge sal funksioneer met groot geloof ten spyte van die uitdaging of stryd wat jy in die gesig staar omdat ons geloof die selfvertroue bring om gebede vrymoedig te bid. 

Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

21 Days Of Fasting And Prayer Devotional

Die James River Church 21 Dae van Vas en Gebed leesplan is ontwerp om jou te bemoedig en te versterk terwyl jy tyd toewy om 'n nouer pad met die Here te loop. Die leesplan bevat kort oordenkings en Skrifgedeeltes vir elke dag. Ons weet dat wanneer jy tyd deurbring om te vas en te bid, jy sal sien dat God meer doen as wat jy kan vra of jou kan voorstel!

More

Baie dankie aan James River Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek: https://jamesriver.org/