21 Dae van Vas en Gebed LeesplanVoorbeeld
"In die derde regeringsjaar van koning Kores van Persië het Daniël wat Beltsasar genoem word, 'n openbaring ontvang. Dit was 'n egte openbaring, maar dit was moeilik om te verstaan. Tog het Daniël dit begryp nadat die betekenis daarvan in 'n visioen aan hom geopenbaar is. In daardie tyd het ek, Daniël, drie weke getreur. Ek het die volle drie weke geen lekker kos geëet nie, my mond nie aan vleis of wyn gesit nie en geen reukolie gebruik nie. Op die vier en twintigste dag van die eerste maand …" (Daniël 10:1-4a AFR83)
Daniël het vir drie weke gevas, een en twintig dae en menslik gesproke het dit gelyk asof niks verander het nie! Daniël het niks gesien of gehoor vir vier en twintig dae nie maar die hemel het gehoor en sy antwoord was op pad vanaf die eerste dag.
Hy sê toe vir my: “Moenie bang wees nie, Daniël, want van die eerste oomblik af dat jy jou ingespan het om insig te kry en jou voor jou God verootmoedig het, is jou gebede verhoor. Ek het gekom in antwoord op jou gebede" (Daniël 10:12)
Wanneer jy vas en bid, neem die hemel kennis. Dit mag lyk asof niks gebeur nie maar die waarheid is dat vanaf die oomblik wat jy begin vas het, het God begin werk. Moenie ophou bid nie. Moenie ophou soek nie. Gaan voort met hierdie 21-dae reis met die verwagting dat jy sal sien dat God buitengewone dinge doen in jou lewe.
Aangaande hierdie leesplan
Die James River Church 21 Dae van Vas en Gebed leesplan is ontwerp om jou te bemoedig en te versterk terwyl jy tyd toewy om 'n nouer pad met die Here te loop. Die leesplan bevat kort oordenkings en Skrifgedeeltes vir elke dag. Ons weet dat wanneer jy tyd deurbring om te vas en te bid, jy sal sien dat God meer doen as wat jy kan vra of jou kan voorstel!
More