21 Dae van Vas en Gebed LeesplanVoorbeeld
God hou daarvan om nuwe dinge in ons lewens te doen, maar te dikwels beskou ons ons toekoms alleen deur die prisma van ons verlede. Dit is waar dat wyse mense leer uit hul foute, daar is 'n fyn lyn tussen leer uit jou mislukkings en om jou verlede se teleurstellings toe te laat om te vorm hoe ons God se beloftes sien.
Miskien het jy tot God gebid om in jou situasie te in te tree. Jy mag glo dat God se beloftes moontlik is maar net nie moontlik vir jou nie. As dit is waar jy is, is hier baie goeie nuus — God se beloftes is vir jou!
God wil iets nuuts doen in jou lewe. Hy wil groei bring, skoonheid, lewenskrag en noodsaaklikheid in die woestyn waarin jy woon. Luister na die woorde van Jesaja 43:19: "Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring."
Hierdie 21 Dae van Vas en Gebed sal na nuwe dinge lei wat in jou gedoen word, deur jou en om jou soos die Here jou vas eer. Kyk vol afwagting, verwag sy goedheid, jy mag dit dalk nog nie sien nie maar dit is onmoontlik om te vas en die aangesig van God te soek en nie sy werk te sien as reaksie nie.
Aangaande hierdie leesplan
Die James River Church 21 Dae van Vas en Gebed leesplan is ontwerp om jou te bemoedig en te versterk terwyl jy tyd toewy om 'n nouer pad met die Here te loop. Die leesplan bevat kort oordenkings en Skrifgedeeltes vir elke dag. Ons weet dat wanneer jy tyd deurbring om te vas en te bid, jy sal sien dat God meer doen as wat jy kan vra of jou kan voorstel!
More