21 Dae van Vas en Gebed LeesplanVoorbeeld

21 Days Of Fasting And Prayer Devotional

DAG 10 VAN 21

Die sleutel gedeelte van vas is om aansienlike tyd deur te bring om op God te wag. Psalm 25 se boodskap sê: "Die Here neem dié wat Hom dien, in sy vertroue en maak sy verbond aan hulle bekend." Wanneer jy tyd deurbring in God se teenwoordigheid, sal Hy dinge aan jou bekend maak wat jy nie andersins sou geweet het nie. 

Is dit nie wat ons wil hê wanneer ons vas nie? Vas is nie net oor wat ons van God wil hê nie — dit is om te weet wat God wil doen in ons lewens — dit is om van Hom te hoor.

Daar is dinge wat God wil doen in jou lewe deur hierdie vas. Vir sekeres sal Hy die selfvertroue gee om die volgende besigsheidswaagstuk te neem of om 'n verhouding te herstel. Vir ander sal Hy anders met jou hart praat. 

Hy mag jou vertel om nie die tree te gee na die volgende ding wat jy voel 'n definitiewe ding is nie. Hy mag jou vra om langer te wag of om dit glad nie te doen nie. Deel van geestelike volwassenheid is om bekwaam te wees om te onderskei wat God sê en om daarop te reageer hetsy ons daarvoor gehoop het of nie. 

Terwyl jy vandag vas, vra vir God om met jou te praat oor sy wil vir hierdie tydperk van jou lewe en wanneer Hy dit doen, moet jy luister. 

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

21 Days Of Fasting And Prayer Devotional

Die James River Church 21 Dae van Vas en Gebed leesplan is ontwerp om jou te bemoedig en te versterk terwyl jy tyd toewy om 'n nouer pad met die Here te loop. Die leesplan bevat kort oordenkings en Skrifgedeeltes vir elke dag. Ons weet dat wanneer jy tyd deurbring om te vas en te bid, jy sal sien dat God meer doen as wat jy kan vra of jou kan voorstel!

More

Baie dankie aan James River Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek: https://jamesriver.org/