'n Passie vir AanbiddingVoorbeeld
Aanbidding Bevredig die Siel
Aanbidding bevredig jou siel, omdat dit God is wat jou siel bevredig. Net soos kos jou maag tevrede stel, bevredig innige aanbidding jou siel. Jy is honger vir aanbidding.
Jy is honger vir aanbidding, omdat jy na God verlang. Tydens aanbidding, kom jy in kontak met God. Jy is honger vir God, omdat jy na die beeld van God geskape is. Jy is 'n beelddraer, 'n onsterflike wese. Slegs God kan die siel van 'n onsterflike wese, wat na God se beeld geskape is, bevredig. In sy geskrifte, "Confessions", gee Augustinus uiting aan sy passie vir God met hierdie woorde:
U het verskyn, U het geskyn;
en U het my blindheid laat verdwyn.
U het 'n geur nagelaat;
en ek het dit ingeasem en na U verlang.
Ek het geproe en honger en dors nou na U.
U het aan my geraak;
en ek het u vurige omhelsing begeer.
Niks anders kan jou siel se begeertes bevredig nie. Nie die huwelik nie. Nie 'n kind nie. Nie rykdom nie. Nie dinge nie. Nie 'n nuwe kar nie. Nie 'n vakansie nie. Nie jou droomhuis nie. Nie 'n sport of stokperdjie nie. Nie seksuele plesiertjies nie. Nie kos nie. Nie drank nie. Nie 'n skraler lyfie nie. Nie plastiese snykunde nie. Nie aftrede nie. Nie 'n wegbreekkans nie. Niks nie. Net God. Net God alleen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 5-dag leesplan neem jou deur Psalm 63 en verduidelik Dawid se passie vir aanbidding. Jy sal leer dat ons lewende offers is — wat God heelhartig, vrylik en passievol moet aanbid. Dawid het God aanbid, omdat hy geweet het hoe lief God hom gehad het. Dawid se gewaarwording van die diep liefde van God was die bron van sy passie vir God. Hierdie leesplan sal jou aanmoedig om 'n passie vir aanbidding te hê.
More