'n Passie vir AanbiddingVoorbeeld
Aanbid Vrylik
Dalk is die idee van hande in die lug opsteek tydens aanbidding vir jou 'n vreemde ding. Dis nie iets waarmee jy grootgeword het nie. Jy is nie vertroud daarmee nie en dit voel nie gemaklik nie. 'n Mens wil nie geforseerd voel om jou hande in die lug op te steek nie. Dis nie wie jy is nie. Dis te verstane, maar dit gaan oor iets meer as dit. Diep binne jou is daar tye wanneer jy voel jy wil jou hande na God oplig.
Daar is tye wanneer jy jou hande na God in die lug wil opsteek, want dit is die natuurlike uitlewing van vreugde en aanbidding in jou hart. Jy voel iets, iets diep binne-in jou hart. Jy voel iets en jy wil uiting gee aan die gevoelens van vreugde en lof. Jy wil uiting gee met jou stem en jou hande. Jy wil jou hande oplig, of jy wil jou hande klap, jy wil staan, kniel of dans. Jy wil uiting gee met jou hele wese — hart, stem en liggaam — aan wat jy binne-in jou voel, die dieptes van lof en vreugde.
Dink aan 'n rugbywedstryd. Dis die finaal. Die spanne loop kop-aan-kop, die skare is opgewonde. Dis 'n gelykopspel. Die laaste sekondes breek aan. Jou span kry die bal en gaan druk 'n drie. Hulle wen en die toeskouers juig. Hande en arms vlieg in die lug op. Mense skree en gil, klap hande en juig. Dis nie 'n stemmige applous soos by 'n gholfbaan nie. Niemand klem hulle hande vas nie. Natuurlik nie! Ons wil uiting gee aan die gevoelens in ons harte. Dis heeltemal normaal en gepas. Dis hoe God ons gemaak het. As ek saam met God se mense in aanbidding bymekaarkom, is daar tye wanneer ek ernstig daaroor voel om my hande na God toe op te hef terwyl ek sing. Dit voel reg. Dit voel goed. Dit voel soos die manier wat God bedoel het dit moet voel. Moenie gedwing voel nie. Voel vry. Gee volle uiting aan die lof en vreugde wat jy in jou hart voel.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 5-dag leesplan neem jou deur Psalm 63 en verduidelik Dawid se passie vir aanbidding. Jy sal leer dat ons lewende offers is — wat God heelhartig, vrylik en passievol moet aanbid. Dawid het God aanbid, omdat hy geweet het hoe lief God hom gehad het. Dawid se gewaarwording van die diep liefde van God was die bron van sy passie vir God. Hierdie leesplan sal jou aanmoedig om 'n passie vir aanbidding te hê.
More