'n Passie vir AanbiddingVoorbeeld

Heart Of Worship

DAG 2 VAN 5

'n Plek vir Aanbidding 

Ek vind sommige van die Psalms baie kosbaar. Ek dink aan Psalms 23, 27, 34, 46, 86, 103, 121, en 145 — maar ek dink van al die Psalms is Psalm 63 my gunsteling. Waar anders in die Bybel vind jy nog so 'n passievolle hart vir God, en veral in die eerste vyf of ses verse? Vers 2 is 'n bietjie verrassend. 

Wat bedoel Dawid as hy sê: "Ek het opgekyk na U in die heiligdom"? Dawid is in die woestyn van Juda waar hy vir sy lewe van sy seun vlug. Daar is geen heiligdom in die woestyn nie. Verwys Dawid na die tabernakel in Jerusalem? Ek dink nie so nie. 'n Heiligdom is 'n plek waar 'n mens God ontmoet, en Dawid moes 'n heiligdom in die woestyn vind, 'n persoonlike heiligdom onder die sterre, 'n plek waar hy sy God kon ontmoet en aanbid. 

Dawid was na regte 'n aanbidder. Hy kon nie wag om te aanbid nie. Hy kon nie anders as om te aanbid nie. Hy sou 'n heiligdom in die woestyn moes vind, 'n plek waar hy God kon ontmoet, 'n plek om die krag en heerlikheid van God te sien. 

Wat van jou? Is jy 'n aanbidder? Waar jy jou ook al bevind — by die huis, in die kar, op 'n lughawe, op die gholfbaan of in 'n hotelkamer — vind jy 'n heiligdom, 'n plek om te aanbid, sing, bid en luister? Kry jy 'n plek waar jy nader aan die heiligheid van God kan kom en Hom ontmoet? 
 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Heart Of Worship

Hierdie 5-dag leesplan neem jou deur Psalm 63 en verduidelik Dawid se passie vir aanbidding. Jy sal leer dat ons lewende offers is — wat God heelhartig, vrylik en passievol moet aanbid. Dawid het God aanbid, omdat hy geweet het hoe lief God hom gehad het. Dawid se gewaarwording van die diep liefde van God was die bron van sy passie vir God. Hierdie leesplan sal jou aanmoedig om 'n passie vir aanbidding te hê.

More

Baie dankie aan Jeff Wells, in vennootskap met El Centro Netwerk, wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.jeffhwells.com and http://elcentronetwork.com