'n Passie vir AanbiddingVoorbeeld
'n Passievolle Aanbidder
Dawid het 'n diepgaande gewaarwording gehad van God se liefde vir hom. Dit was die geheim van Dawid se beroemdheid. Omdat hy so geliefd gevoel het, was hy 'n passievolle aanbidder. Omdat hy so geliefd gevoel het, kon hy God vertrou met groot probleme, soos om teen die reus Goliat te veg. Omdat hy so geliefd gevoel het, kon hy glo in God se genade en vergifnis, toe hy 'n vreeslike sonde begaan het.
Omdat Dawid so geliefd gevoel het, kon hy die volgende woorde skryf:
"Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae."
Dawid se gewaarwording van die innige liefde van God, was die bron van sy passie vir God. Dawid het so geliefd gevoel, dat hy soos volg gebid het: "U troue liefde is meer werd as die lewe. Here, U liefde is belangriker vir my as die lewe self. Here, as ek tussen U liefde en die lewe moet kies, kies ek U liefde. Ek sal eerder sterf as om sonder U liefde te wees."
Vir Dawid was dit nie net godsdienstige gebrabbel nie. Dit was nie teorie nie. Dawid se lewe was in gevaar. En tog roep hy uit: "Here, U liefde beteken meer vir my as die lewe self."
St. Augustinus het eenkeer 'n vraag gevra: as God na jou toe sou kom en aanbied om al jou behoeftes te bevredig, maar dat jy Hom nooit sou sien nie, hoe sal jy reageer?
Vir Dawid sou dit nie 'n moeilike keuse gewees het nie. Vir Dawid was God se standvastige liefde meer werd as die res van sy lewe. Wat van jou? Het jy al God se innige, oorweldigende liefde ervaar? Het jy al die onversetlike teerheid van Jesus ervaar? Het sy liefde jou oorweldig en verbyster? Here, U liefde is meer werd as die lewe. Daarom sal ek U prys.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 5-dag leesplan neem jou deur Psalm 63 en verduidelik Dawid se passie vir aanbidding. Jy sal leer dat ons lewende offers is — wat God heelhartig, vrylik en passievol moet aanbid. Dawid het God aanbid, omdat hy geweet het hoe lief God hom gehad het. Dawid se gewaarwording van die diep liefde van God was die bron van sy passie vir God. Hierdie leesplan sal jou aanmoedig om 'n passie vir aanbidding te hê.
More