Sielsrus: Sewe Dae Na VernuwingVoorbeeld

Soul Rest: 7 Days To Renewal

DAG 7 VAN 7

DIE SABBAT

Die soeke om anoniem vrygewig teenoor ander te wees, onthul aan ons die ware motiewe van ons harte ten opsigte van ons begeerte om te gee. Ons onthou dat God goedgunstiglik, op soveel maniere wat ons nie verdien nie, aan ons gegee het en dit vul ons harte met dankbaarheid teenoor Hom. Om te gee help ons ook om te onthou dat dit God, en net God is, wat vir dié wat in nood is, voldoende voorsien. Dit is nie ons werk wat regverdigheid voortbring nie. God het ons beveel om tot stilstand te kom en te rus, sodat ons werklik kan nadink oor sy liefde, genade en voorsiening. Terwyl ons rus, is God steeds aan die werk. 

Vandag, op ons laaste dag, sal ons deelneem aan 'n sabbatdag. Dit mag 'n nuwe roetine wees, en dalk nie natuurlik voel om ten volle aan die dag deel te neem nie. Dit mag dalk 'n dag wees om die gesin op 'n staproete te neem en die majesteit van God se skepping te bespreek. Miskien is dit om die Skrif te lees en 'n aanbiddingsdiens by te woon om sy heerlikheid te erken. Deelname aan die sabbat help ons om te identifiseer hoe ons uit eie krag probeer het om dit wat ons dink rus en vervulling bring, te kry. Die sabbat help ons ook om nie 'n afgod van produktiwiteit te maak nie. Wanneer ons ophou werk en die sabbat gedenk, onthou ons die betekenisvolle werk wat aan die kruis gebeur het. Wanneer ons onthou waarvan ons gered is, sal ons die Redder vier. 

Waarskuwing: Omdat hierdie dalk 'n nuwe oefening is, mag jy voel dat jy nie weet hoe om die sabbat behoorlik te gedenk nie, en probeer jy dus nie eens nie. Onthou egter dat die ware bedoeling nie is om God te beïndruk deur die sabbat te gedenk nie, maar om rus te vind, as 'n gevolg van die geskenk van die sabbat. 

'n Groot voordeel van sabbatsonderhouding is dat ons leer om God toe te laat om vir ons te sorg — nie deur passief en lui te raak nie, maar om vry daarvan te wees om deur ons swak pogings, God in ons eie lewens te wees.

MARVA DAWN 

Daar is niks selfsugtigs aan die sabbat, rus en selfversorging nie. Ons kan nie gee wat ons nie het nie.

EUGENE CHO 

Die sabbat is God se standpunt teen die geweldige druk om altyd ja te sê. Die sabbat is God se geskenk aan ons van 'n nee in ons obsessiewe, kompulsiewe lewenspatrone.

A.J. SWOBODA 

Die sabbat is God se wegwyser, wat nie net sy goedheid aan alle mense as hul Skepper uitwys nie, maar ook sy genade aan sy uitverkore volk, as hulle Verlosser.

DIE BAKER ENSIKLOPEDIE VAN DIE BYBEL 

As jy hierdie leesplan geniet het en die gesprek verder wil voer, kyk na my boek "Soul Rest: Reclaim Your Life. Return to Sabbath."  Of maak kontak by soulrestbook.com.  

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Soul Rest: 7 Days To Renewal

Met so baie verantwoordelikhede en afleidings wat veg vir ons aandag, het te veel van ons ongesonde siklusse van rus opgebou. As gevolg daarvan, brand ons onsself uit en stoei en baklei teen God se bedoeling vir ons lewens. In hierdie leesplan word ons geroep na die doelbewuste daad van selfondersoek, wat ons help beweeg na 'n doelgerigte en volhoubare lewe saam met Jesus.

More

Baie dankie aan Curtis Zackery wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb.: http://soulrestbook.com