Sielsrus: Sewe Dae Na VernuwingVoorbeeld
![Soul Rest: 7 Days To Renewal](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11809%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
WAT WIL GOD VIR ONS HÊ?
Ons anker is gevestig in die waarheid dat God ons ware bron van rus is. Selfs met hierdie wete, vind ons dat ons wonder hoe dit van toepassing is op ons lewens hier op aarde. Met skedules wat al hoe besiger raak, gesins- en werkverantwoordelikhede wat altyd teenwoordig is, wil ons weet hoe dit ons daaglikse lewens prakties beïnvloed. Ons leef meestal met die veronderstelling oor wat Jesus van ons verwag; hoe ons ons lewens op aarde moet lei. Ons moet egter tyd afstaan om te kyk na wat Jesus eintlik sê wat Hy vir ons begeer.
Konsentreer vandag in jou stiltetyd op wat die Bybel van God se begeerte vir die mensdom op aarde sê. Eerder as om te leef met 'n aanname oor hoe God voel en oor dinge dink wat in en om ons lewens gebeur, gebruik tyd om die Skrif te lees van Jesus, en andere, se woorde hoe ons moet leef. Skryf jou insigte wat God voorsien neer, soos jy sy waarheid lees.
Waarskuwing: Ons mag dink dat hierdie 'n dag is wat ons kan oorslaan of ligtelik opneem, omdat ons alreeds van al hierdie inligting kennis dra. Druk deur en laat die waarheid wat jy lees insink. Moenie enigiets as vanselfsprekend aanvaar nie. Vra God om opnuut met jou te praat.
Jy gaan nie na God omdat Hy nuttig is nie, jy gaan omdat Hy wonderskoon is. En niks is nuttiger as om God wonderskoon te vind nie.
TIMOTHY KELLER
Aangaande hierdie leesplan
![Soul Rest: 7 Days To Renewal](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11809%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Met so baie verantwoordelikhede en afleidings wat veg vir ons aandag, het te veel van ons ongesonde siklusse van rus opgebou. As gevolg daarvan, brand ons onsself uit en stoei en baklei teen God se bedoeling vir ons lewens. In hierdie leesplan word ons geroep na die doelbewuste daad van selfondersoek, wat ons help beweeg na 'n doelgerigte en volhoubare lewe saam met Jesus.
More