Sielsrus: Sewe Dae Na VernuwingVoorbeeld

Soul Rest: 7 Days To Renewal

DAG 2 VAN 7

DOEN VOORRAADOPNAME

Ons eerste noemenswaardige punt van bewustheid na dag een, is hoe moeilik dit is om stil en rustig te wees, selfs net vir 'n kort rukkie. Die feit dat ons dit moeilik vind om tot stilstand te kom en te rus, kan ons soos 'n mislukking laat voel. Ons moet dit juis as die teenoorgestelde sien. Wanneer ons probeer om tot stilstand te kom en besef dat ons nie stil kan wees nie, wys dit ons die plekke waar dit vir die Gees nodig is om te werk. Dit is baie goed, want dit los die raaisel op van hoekom ons moeg en ontevrede voel. Wanneer ons nie kan rus nie, sê ons by implikasie dat God nie sy werk sonder ons hulp kan doen nie. 

Gebruik vandag tyd om voorraadopname te doen van die areas wat lyk of dit in 'n staat van onrustigheid is. Ons kan meer sinvol vra vir herstel en heling wanneer ons die plekke wat genesing nodig het kan identifiseer. Bid en vra God om jou die plekke in jou hart en lewe te wys wat jy moontlik miskyk. Skryf sommige van die noemenswaardige dinge neer wat in jou tyd van stilte na die oppervlak gekom het. Gee jouself toestemming om die areas waar daar 'n wanbalans is, te erken. Gee jouself toestemming om rustig te raak en meer oplettend te wees. 

Waarskuwing: Daar mag moontlik 'n versoeking wees om die areas van wanbalans in jou lewe en wat dus rus nodig het, gering te ag of te regverdig. Wees ten volle kwesbaar en eerlik terwyl jy jou in hierdie proses verdiep. Skryf alles neer wat in jou gedagtes opkom, al is dit hoe moeilik om dit teenoor jouself te erken. 

Dit is geen maklike taak om rus te vind op hierdie aarde nie. Dit wil voorkom asof iets binne ons in stryd is met die ritme van dinge, wat ons dan altyd rusteloos, ontevrede, gefrustreerd en gekwes laat voel. Ons is so oorlaai met begeerte, dat dit moeilik is om net by eenvoudige rus uit te kom. 

RONALD ROLHEISER 

Ons moet gereed wees om onsself toe te laat om deur God onderbreek te word. 

DIETRICH BONHOEFFER 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Soul Rest: 7 Days To Renewal

Met so baie verantwoordelikhede en afleidings wat veg vir ons aandag, het te veel van ons ongesonde siklusse van rus opgebou. As gevolg daarvan, brand ons onsself uit en stoei en baklei teen God se bedoeling vir ons lewens. In hierdie leesplan word ons geroep na die doelbewuste daad van selfondersoek, wat ons help beweeg na 'n doelgerigte en volhoubare lewe saam met Jesus.

More

Baie dankie aan Curtis Zackery wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb.: http://soulrestbook.com