Sielsrus: Sewe Dae Na VernuwingVoorbeeld

Soul Rest: 7 Days To Renewal

DAG 3 VAN 7

FOKUS OP DIE BRON 

Wanneer ons die tyd afstaan om na binne te kyk, om die toestand van ons harte te verstaan, kan dit wat ons daar vind soms gevoelens van skuld, skaamte en teleurstelling veroorsaak. Alhoewel dit heeltemal te begrype is, is dit nie God se voorneme vir jou lewe nie. Ons kan selfs 'n bietjie oorweldig voel, omdat die hoeveelheid areas wat ons geïdentifiseer het wat rus en genesing nodig het, onoorkombaar lyk. Die heerlike, goeie nuus is dat rus nie deur ons werk kom nie, maar deur die werk wat God reeds gedoen het. Ons weet dat 'n vakansie, slaap of ander rustige oomblikke, nie genoeg sal wees om ons ten volle te laat herstel nie. Wanneer daar onrus in ons siel is, kan dit nie op die gewone maniere herstel word nie. Ons het 'n "ander" soort krag nodig om dit te genees. God is die ware bron van rus. 

Fokus vandag op die waarheid dat God die enigste bron van die rus is waarna ons verlang. Wanneer laas het jy jouself toegelaat om net die realiteit van wie God werklik is, in te drink? Ons voer ons lewens hoofsaaklik in die lig van die werklikheid, kennis en belangrikheid van God, maar nie regtig deur te onthou en te fokus op sy verhaal nie. Mediteer in jou stiltetyd op God as bron van rus. Lees Skrifgedeeltes wat hierdie gedagte ondersteun. Kyk na die verse wat God se eienskappe uitwys. Neem kennis van die dinge wat in jou gedagtes opkom terwyl jy dit doen. 

Waarskuwing: Ons kan in die versoeking kom om te glo dat daar baie maniere is hoe ons sielerus kan kry. Alhoewel daar baie maniere is om 'n rustige oomblik te ervaar en tydelike rus te ondervind, kom die ware bron van die rus waarna ons smag, alleenlik van God af. 

U het ons vir Uself gevorm, en ons harte is rusteloos totdat dit rus in U gevind het.

,

AUGUSTINUS 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Soul Rest: 7 Days To Renewal

Met so baie verantwoordelikhede en afleidings wat veg vir ons aandag, het te veel van ons ongesonde siklusse van rus opgebou. As gevolg daarvan, brand ons onsself uit en stoei en baklei teen God se bedoeling vir ons lewens. In hierdie leesplan word ons geroep na die doelbewuste daad van selfondersoek, wat ons help beweeg na 'n doelgerigte en volhoubare lewe saam met Jesus.

More

Baie dankie aan Curtis Zackery wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asb.: http://soulrestbook.com