Sielsrus: Sewe Dae Na VernuwingVoorbeeld
![Soul Rest: 7 Days To Renewal](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11809%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
BEOEFEN VAS OF WEERHOUDING
Wat ons hier saam besef het, is dat God se voorneme vir die mensdom is om beide vryheid en voorspoed in ons lewens op aarde te vind. Baie het die leuen geglo dat God die teenoorgestelde soek, en as gevolg daarvan het dit die manier waarop ons leef beïnvloed. Ons sal geen rus vind as ons gedurig probeer om God se liefde en genade te verdien nie, want die Bybel sê vir ons dat dit nie die regte manier is nie. Maar ons is bly dat Johannes 3 sê, God het nie sy Seun gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te red. As God se doel vir ons dus is om "voluit te lewe" op aarde, moet ons onderskei wat die Gees aan ons sê oor hoe om dit te doen.
Kies vandag om te vas of jou te weerhou van iets waarsonder jy weet jy moeilik sal klaarkom. Vir baie kan dit wees om vir 'n ruk ons selfone af te skakel. Ander kan dalk doelbewus 'n maaltyd oorslaan. As ons dit doen, probeer ons ons afhanklikheid van sekere dinge te ontbloot, sodat ons ons behoefte aan God kan besef. Ons wil ook vir God vra om met ons te praat oor die maniere waarop Hy ons lei om florerende en vooruitstrewende lewens te lei. Skryf die insigte neer wat God aan jou openbaar terwyl jy deur die proses gaan.
Waarskuwing: Jy mag dalk in die versoeking kom om jouself van iets te weerhou wat nie so belangrik is nie, in 'n poging om die impak op jou dag te verminder. Ek sal jou egter aanmoedig om God te vertrou met iets wat moontlik 'n bietjie moeiliker is om sonder te leef, sodat jy die erns van die impak van die aksie kan ervaar.
Ons vas, want as mense wat alreeds deel uitmaak van Jesus se koninkryksprojek, in God se nuwe wêreld, moet ons seker wees dat ons waarlik afskeid neem van alles in ons wat steeds aan die ou mens vasklou.
N. T. WRIGHT
Ons vas, want dit help ons om balans in die lewe te kry. Dit maak ons meer sensitief vir die lewe as 'n geheel, sodat ons nie so obsessief raak met ons verbruikersmentaliteit nie.
RICHARD J. FOSTER
Om van enige voeding, aktiwiteit, betrokkenheid of strewe te vas, of jou daarvan te weerhou — in enige seisoen van jou lewe — maak die pad vir God oop om te verskyn.
DAN B. ALLENDER
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Soul Rest: 7 Days To Renewal](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11809%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Met so baie verantwoordelikhede en afleidings wat veg vir ons aandag, het te veel van ons ongesonde siklusse van rus opgebou. As gevolg daarvan, brand ons onsself uit en stoei en baklei teen God se bedoeling vir ons lewens. In hierdie leesplan word ons geroep na die doelbewuste daad van selfondersoek, wat ons help beweeg na 'n doelgerigte en volhoubare lewe saam met Jesus.
More