Moenie Opgee NieVoorbeeld
Dag 7 — Nehemia Bou die Muur
Nehemia het gevoel God roep hom om die muur in Jerusalem te herbou. Op die tydstip wat hy sy roeping ontvang het, was hy in 'n ander land waar hy vir die koning gewerk het, baie ver van wat hy in sy hart gevoel het hy moet doen. Tog het God, soos net Hy kan, die deure geopen en 'n pad vir Nehemia berei waarop hy na hierdie roeping kon stap.
Die taak was egter nie maklik nie. Die muur was aan flarde. Die mense van Israel was versprei, en die teenstanders was sekerlik op pad — en het ook opgedaag.
Die mense het gehoor wat Nehemia probeer doen en het teen sy werk in opstand gekom. Hulle het hom bespot, woede aangeblaas, en beplan om skade aan te rig. Dit was so erg dat Nehemia die helfte van sy manne moes aansê om gewapend wag te staan, ingeval sy teenstanders hulle sou aanval. Dit sou veiligheid verskaf maar dit sou, sonder twyfel, die tyd verdubbel om die muur klaar te maak
Wanneer ek hierdie verhaal lees, hoor ek die robot van "Lost in Space" wat sê: "Danger, Will Robinson." Ek weet nie van jou nie, maar ek sou dalk moed verloor het. Dit was 'n skrikwekkende taak en wanneer jy aan al die moontlike gevare dink, dalk om jou lewe te verloor, moet jy die sekerheid van jou roeping baie na aan jou hart hou.
Ten spyte van alle gevare het Nehemia volhard. Nie net het hy volhard nie, maar die mense wat sy leierskap gevolg het, het ook volhard. Nehemia 4:6 sê: "Die mense se hart was in die werk." Dit was NA die dreigemente — nie daarvoor nie. Nehemia se passie en vasberadenheid om God se plan te vervul is ook aangeneem deur diegene wat saam met hom gewerk het. Dit was 'n kragtige voorbeeld vir die moeë leier.
Wat ineengestrengel was met hulle volharding, was 'n gesindheid van gebed. Hulle het na God uitgeroep. Hulle het dit inderwaarheid gedoen, voordat hulle beplan het om wagte vir hul veiligheid daar te stel. Hulle eerste houding was een van gebed — die belangrikste ding wat hulle kon doen. Toe hulle dit gedoen het, het God beweeg. God het reageer en hulle kom verdedig.
Dit is nodig om gebed voor jou stryd te plaas. Dit sal jou motiveer, jou herinner, en jou op volharding gefokus hou. Uithouvermoë het gebed nodig.
Toe die muur voltooi is, eindig die boek Nehemia met 'n nota dat die omliggende nasies daarvan kennis geneem het en dit aan God toegeskryf het. Nehemia se getrouheid het nie net toegesien dat die taak voltooi is nie, maar dit het God verheerlik op 'n manier wat nie sou gebeur het as hy moed verloor het nie.
My gebed is dat hierdie 7-dag reis aan jou die motivering gegee het om aan te hou. Onthou God se beloftes en getrouheid. Tel weer die mans en vroue in die Bybel wat nie moed verloor het toe die wêreld teen hulle was nie. My vriend, jy kan dit ook deur die storm maak.
Sou jy meer bemoediging wou hê, gaan asseblief na my webwerf vir baie praktiese toepassings vir ware lewensstryde http://www.brittanyrust.com.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Was jy al ooit so moeg en verslaan deur die lewe dat jy die handdoek wou ingooi en opgee? Die Bybel is vol bemoediging om te volhard en aan te hou! Hierdie 7-dag leesplan sal jou verfris vir die reis wat voorlê.
More