Moenie Opgee NieVoorbeeld
Dag 5 — Josef en Sy Drome
Josef was 'n tiener met 'n droom. 'n Droom wat die haat vererger het wat sy broers alreeds vir hom, as die gunstelingseun, gehad het. Dit was 'n droom dat sy gesin eendag voor hom sou buig.
Daardie droom kon in duie stort weens dit wat volgende met Josef gebeur het. Na jare se frustrasie, het sy broers 'n wrede ding gedoen en hom in slawerny verkoop. Sy eie broers het hom onderwerp aan 'n lewe van slawerny en swaarkry. In kettings, as die eiendom van iemand anders, kon Josef se droom tot die verlede behoort het.
Josef het egter nie sy hande in die lug gegooi en opgegee omdat hy in slawerny was nie. In plaas daarvan het Josef op 'n kreatiewe manier die beste gedoen met wat God hom gegee het. In Potifar se huis het hy hard gewerk en op God gesteun. Terwyl hy dit gedoen het, het God hom geseën. Dit was hier waar hy bevorder is om toesig te hou oor die man se huishouding en met alles vertrou is. Hy het leierskap, nederigheid, en diensbaarheid geleer in hierdie doodgewone plek en steeds vasgehou aan 'n droom.
Josef het 'n regverdige man gebly toe Potifar se vrou hom genader het. Sy het hom beskuldig dat hy probeer het om haar te misbruik en Josef is in die tronk gegooi. Wat gelyk het na 'n tree agteruit was eintlik 'n tree vorentoe.
In die tronk het Josef guns gevind by die bewaarder en is deur hom aangestel om oor die gevangenis toesig te hou — weereens is hy na leierskap bevorder. Dit was hier in die tronk waar hy die koning se skinker teëgekom het. Josef het die geleentheid gehad om sy droom uit te lê, wat twee jaar later waardevol was toe die koning se droom verklaar moes word.
Toe Josef die koning se droom van 'n naderende hongersnood uitgelê het, is hy bevorder tot die tweede in bevel oor die hele Egipte. Sy droom het waar geword!
Josef het baie moeilike situasies ondervind wat die meeste mense sou laat tou opgooi het. Hy het egter volhard en het sy beste in sy omstandighede gedoen. Die resultaat was dat hy sy droom sien waar word het en hy duisende gehelp het, insluitend sy eie gesin.
Aangaande hierdie leesplan
Was jy al ooit so moeg en verslaan deur die lewe dat jy die handdoek wou ingooi en opgee? Die Bybel is vol bemoediging om te volhard en aan te hou! Hierdie 7-dag leesplan sal jou verfris vir die reis wat voorlê.
More