Moenie Opgee NieVoorbeeld

Don't Give Up

DAG 2 VAN 7

Dag 2 — Definieer Jou Karakter

Iets van uithouvermoë het die ongelooflike kapasiteit om jou te verfyn. Ek veronderstel dit is soos 'n vuur silwer louter, dit verwyder onsuiwerhede en versterk die karakter. Dikwels gaan uithouvermoë gepaard met moeilikhede en moeilikhede kan seer maak.

Een van die wonderlike resultate van uithouvermoë, is 'n Christelike karakter. Dit maak jou 'n beter mens deur die sondige natuur te verwyder en kweek 'n gees wat vol deernis, nederigheid en geduld is, en die belangrikste, dit plaas Christus eerste.

Romeine 5 dui vir ons die rigting vir hierdie reis aan. Dit is nie maklik nie, maar dit is belangrik vir elke gelowige. Dit begin met die besluit om bly te wees terwyl jy ly. Wanneer jy dit kan doen, kweek jy uithouvermoë en dit lei weer tot karakter.

Soos in Romeine bevestig, as jy hierdie reis kan deurmaak, verseker dit karakter. Ook nie net in Romeine nie. Filippense 1 belowe, as jy die wedloop tot die einde met volharding hardloop, sal God die goeie werk voltooi wat Hy jare gelede begin het toe jy jou hart vir Hom gegee het.

Jy sal nie vandag volmaaktheid vind nie, maar eendag sal jy na jou ewige huis — wat Christus voorberei — gaan, en dit is hier waar jy voltooiing sal vind. Jy sal van sonde bevry in die volheid stap waarvoor God jou oorspronklik geskep het.

Alhoewel jy dalk vandag wil moed opgee, onthou dat jou volharding na 'n beter weergawe van jouself sal lei, wat mettertyd meer en meer soos Christus sal lyk.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Don't Give Up

Was jy al ooit so moeg en verslaan deur die lewe dat jy die handdoek wou ingooi en opgee? Die Bybel is vol bemoediging om te volhard en aan te hou! Hierdie 7-dag leesplan sal jou verfris vir die reis wat voorlê.

More

Baie dankie aan Brittany Rust wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.brittanyrust.com vir meer inligting