Moenie Opgee NieVoorbeeld
Dag 6 — Die Volhardende Weduwee
Die volhardende weduwee het my dikwels bemoedig en my laat volhou gedurende my beproewinge. Ek het haar vasberadenheid en getrouheid onthou wanneer myne wou wankel. Ek het deur haar verhaal hoop gekry toe my hoop afgeneem het.
In die gelykenis wat Jesus vertel het, is daar 'n weduwee wat geregtigheid gesoek het en sy het haar saak aan 'n onsimpatieke regter gestel. Aanvanklik het hy haar weggewys — meer as een keer — sonder dat sy hart verander het. Die weduwee het egter nie opgegee nie. Na baie pogings om vir geregtigheid te vra, het die regter uiteindelik aan haar versoek toegegee. Waarom? Sodat sy hom nie langer sou pla nie!
Jesus het voortgegaan met die les dat as 'n onregverdige regter die versoek van 'n weduwee sou toestaan vir wie hy nie omgegee het nie, maar bloot omdat sy volhard het, hoeveel te meer sal God reageer wanneer sy eie kinders aan Hom 'n versoek rig.
God is goed en Hy is getrou. Hy is regverdig en Hy hoor regtig die gebede van sy kinders. Daar sal tye wees wanneer jy voel asof jou gebede op dowe ore val, of dat God dalk nie soveel vir jou omgee as vir 'n ander nie. Ek het al so gevoel en dit is moeilik. Jy kan egter nie opgee nie!
Die weduwee het nie opgegee toe sy voor die onregverdige regter te staan gekom het nie. Laat dit jou bemoedig om by 'n regverdige God te volhard vir dinge wat vir jou belangrik is. Hy hoor jou beslis. Hy mag dalk nie presies reageer hoe en wanneer jy dit sou wou hê nie, maar Hy sal altyd op die perfekte manier en op die regte tyd reageer.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Was jy al ooit so moeg en verslaan deur die lewe dat jy die handdoek wou ingooi en opgee? Die Bybel is vol bemoediging om te volhard en aan te hou! Hierdie 7-dag leesplan sal jou verfris vir die reis wat voorlê.
More