OnverwagsVoorbeeld

Unexpected

DAG 9 VAN 14

Ons kan dikwels die avontuur wat God vir ons het mis, omdat ons by die teleurstelling vashaak wat agter ons is — toe mense of die lewe ons gefaal het. Ons word ouer, maar ons lewens stop dikwels by die punt van ons grootste teleurstellings as ons nie deur dit werk nie. Ons werk óf deur dit wat gebeur en hanteer die teleurstellings goed, óf hulle beheer ons. 

Ten spyte van hoe ons voel, sal al die teleurstellings in die wêreld nooit die beloftes van God, die werklikheid van Jesus of sy bestemming vir ons lewens verander nie. Nie een van ons gebroke drome, persoonlike hartseer of verbrokkelde planne sal sy begeerte vir ons keer om ons doel te bereik nie. Ja, die teleurstelling is 'n werklikheid. Die gevolge kan verwoestend wees. Ons moet leer om veerkragtig te wees, indien ons wil aanhou om vorentoe te gaan. Ons moet leer om soos 'n klein kindjie te vertrou. Ons moet leer om ons teleurstellings goed te hanteer, sodat ons weer vol hernieude hoop kan probeer. 

Het dit al ooit by jou opgekom dat as jy jou teleurstelling herbesoek, God jou 'n nuwe perspektief kan gee en dat dit 'n instrument kan word om ander te help? Dat jy kan neem wat Hy vir jou gee en dit uitdeel? "Aan God, die Vader van onse Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig" (2 Korintiërs 1:3-4).

Het dit al ooit by jou opgekom dat God 'n nuwe rigting vir jou het om jou bestemming te bereik? Teleurstelling is 'n plek waardeur ons gaan, nie 'n plek waar ons aanbly nie. God wil ons emosioneel betrokke by sy doelwitte hê . Ons moet in die oomblik leef. Ten volle springlewendig. Hoopvol. Hy wil hê dat ons Hom moet toelaat om ons harte te genees, sodat ons kan voortgaan en sy goeie doel vir ons lewens bereik. Selfs wanneer mense — en die lewe — ons teleurstel. 

Aangepas uit "Unexpected: Leave Fear Behind, Move Forward in Faith, Embrace the Adventure" deur Christine Caine. Kopiereg © 2018 deur Christine Caine. Herdruk met toestemming van Zondervan Uitgewers. Alle regte voorbehou.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Unexpected

Dit is tyd om vrees agter te laat, in geloof vorentoe te beweeg en om die avontuur aan te gryp. Met behulp van hierdie 14-dag leesplan gaan jy jou geloof versterk in 'n God wat goed is en leer om in die vreugdevolle vryheid van volkome vertroue in Hom te leef, selfs in onverwagte omstandighede. 

More

Ons bedank graag Christine Caine vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.christinecaine.com/unexpected