OnverwagsVoorbeeld

Unexpected

DAG 12 VAN 14

 Wanneer mense ons onverwags aanval, verraai of verwerp — openlik of subtiel — kan ons siele so moedeloos word dat ons in die versoeking kom om tou op te gooi. Om te onttrek. Om terug te staan, te bang wees om ons harte vrylik oop te maak, om nie te verstaan dat, net omdat iemand in ons verlede ons seergemaak het, nie beteken dat almal in ons toekoms dit sal doen nie. 

Wanneer ons Jesus in ons deurmekaar lewens innooi, terwyl ons Hom ons verhaal en van al ons pyn vertel en terwyl ons ander vergifnis bied, kan Hy begin om ons perspektief te verander, ons gebroke harte te laat herleef en ons vermoë te herstel om te voel, lief te hê en te versorg. As ons Hom innooi, kan Hy ons harte met medelye hervul — net soos Hy gedoen het toe Hy ons gered het — en ons kan weer begin vertrou.

Jesus vergewe ons elke keer volkome as ons 'n fout maak, en Hy wil hê ons moet altyd dieselfde geskenk aan ander gee. Hy wil hê ons moet elke oortreding vergewe — maak nie saak hoe groot of hoe klein dit is nie — die oomblik wanneer ons daarvan bewus word. Hy wil hê ons moet liefde, genade en barmhartigheid beoefen, veral teenoor diegene wat ons die meeste seermaak, omdat hulle dikwels die meeste seergemaak is. 

Ek het ontdek dat wanneer ek mense seermaak, dit dikwels as gevolg van 'n gebroke plek in my is — 'n plek van onkunde, vrees, onsekerheid of jaloesie wat ek nie besef het daar was nie. Ek is ook geskok wanneer ek ontdek ek het die vermoë om iemand ernstig seer te maak. Ek is so dankbaar vir die vriende wat genade, liefde en vergifnis aan my bewys. Ek is so dankbaar vir diegene wat my lief genoeg het om aan te hou om saam met my te stap, ten spyte van my tekortkominge. 

Vergifnis — vra dit vrylik van God en ander, gee dit vrylik aan diegene wat jou seergemaak het en gee dit selfs aan jouself. Dis hoe ons gesond word.

Aangepas uit "Unexpected: Leave Fear Behind, Move Forward in Faith, Embrace the Adventure" deur Christine Caine. Kopiereg © 2018 deur Christine Caine. Herdruk met toestemming van Zondervan Uitgewers. Alle regte voorbehou.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Unexpected

Dit is tyd om vrees agter te laat, in geloof vorentoe te beweeg en om die avontuur aan te gryp. Met behulp van hierdie 14-dag leesplan gaan jy jou geloof versterk in 'n God wat goed is en leer om in die vreugdevolle vryheid van volkome vertroue in Hom te leef, selfs in onverwagte omstandighede. 

More

Ons bedank graag Christine Caine vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.christinecaine.com/unexpected