OnverwagsVoorbeeld
![Unexpected](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11641%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
God het ons gemaak om in verhoudings te leef — en Hy het verhoudings vir ons gemaak om te beleef. Hy het ons geskep om aan Hom verbind te wees en om in gemeenskap met ander te leef. Ten spyte van die gebreke wat uit meningsverskille of perspektiewe kan voortspruit, is vriendskap waarlik een van God se grootste geskenke aan ons.
Hierdie reis om Jesus te volg beteken dat as ons ons harte oop, sag, sensitief en verbonde aan die mensdom wil hou, ons moet besef dat ons nooit immuun sal wees wanneer dit kom by onverwagse pyn en hartseer wat ons in gebroke vriendskappe kan ervaar nie.
Elke keer as ons diep seergemaak word, word ons gekonfronteer met die geleentheid om toe te laat dat dit ons en ons reis in sommige opsigte definieer — vir 'n tydperk of vir die res van ons lewens. Miskien het ons ons rigting verander, ons drome afgeskaal of hulle almal laat vaar. Miskien het ons iets oor onsself geglo – bewustelik of onbewustelik – wat dalk nie waar is nie.
Onverwagse emosionele wonde is so ontsettend pynlik omdat dit ... onverwags is. Dit tref ons wanneer ons nie bedag daarop is nie en ook as ons vol vertroue is. Dit is dan uiters belangrik om te besef dat selfs wanneer mense ons verlaat en ons seermaak, God ons nooit verlaat of verwerp nie. Hy verstaan hoe dit voel om disnis geslaan te word, om winduit geslaan te word, en Hy gee om. Hy belowe om daar te wees vir ons en om ons te help: "Die Here is naby mense wat hartseer is; Hy gee mense wat moedeloos is, weer nuwe moed" (Psalm 34:19 DB). Selfs wanneer mense ontrou is, is God altyd getrou.
Om weer te vertrou, is God se begeerte vir ons lewens, want vertroue is die brandstof wat ons in geloof laat beweeg, en al die onverwagse avonture laat aangryp wat God vir ons beplan het. God het ons geskep om die lewe met mense te deel. Om ons doel te vervul, moet ons verhoudings opbou en koester. Dit behels verbintenisse met mense wat ons moontlik kan seermaak. Ons moet leer hoe om ons harte te beskerm, maar tog terselfdertyd kwesbaar te wees vir diegene wat ons nadertrek.
Aangepas uit "Unexpected: Leave Fear Behind, Move Forward in Faith, Embrace the Adventures" deur Christine Caine. Kopiereg © 2018 deur Christine Caine. Herdruk met toestemming van Zondervan Uitgewers. Alle regte voorbehou.
Aangaande hierdie leesplan
![Unexpected](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11641%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Dit is tyd om vrees agter te laat, in geloof vorentoe te beweeg en om die avontuur aan te gryp. Met behulp van hierdie 14-dag leesplan gaan jy jou geloof versterk in 'n God wat goed is en leer om in die vreugdevolle vryheid van volkome vertroue in Hom te leef, selfs in onverwagte omstandighede.
More