OnverwagsVoorbeeld

Unexpected

DAG 8 VAN 14

Wanneer die lewe nie na ons sin verloop nie — wat gereeld gebeur — en wanneer ons verwagtinge tot groot teleurstelling lei, weet ons nie altyd hoe om ons vertroue in God te herstel nie. Teleurstelling is daardie neerslagtige gevoel waar ons emosies negatief is en ons geloof verloor. Dit is 'n kragtige, vernietigende krag wat ons vir 'n oomblik vasgevang kan hou en wat ons dan gebruik om toekomstige ervarings mee te fynkam en selfs te verbeur. Dit is 'n krag wat ons in die gesig moet staar en oorkom om vol geloof 'n lewe te leef wat die onverwagse aangryp.

Jesus is altyd by ons in ons teleurstelling. In ons hartseer. Hy lei ons om weer verwonderd te staan. Hy lei ons na iets beters. Hy is die Een wat ons help om te onthou dat, hoewel dit met ons gebeur het, dit nie beteken dat dit oor ons gaan nie. Hy wil hê ons moet weet dat teleurstelling 'n plek is waardeur ons gaan, nooit 'n plek waar ons aanbly nie.

Wanneer teleurstellings herhaaldelik gebeur, kan ons harte siek word en ons gedagtes kan donker word. Dit is wanneer die vyand kan kom en ons laaste bietjie hoop steel. Dit is wanneer twyfel en ongeloof meer as ons geloof kan word.

Om vas te hou aan ons geloof — selfs in die aangesig van diepe teleurstelling — is lewensbelangrik. Dit is juis dan noodsaaklik dat ons meer in God se beloftes as ons teleurstellings glo. Dis hoekom God wil hê ons moet glo en verstaan ​​dat sy beloftes nie vervaldatums het nie. Hulle is nie soos paspoorte of gimnasium-lidmaatskap nie. Hulle is nie soos die groente in die yskas of die kos in die spens nie. Ons Hemelse Vader het vir ons 'n boek vol van sy beloftes gegee wat geen vervaldatums het nie, en Hy sal altyd sy beloftes nakom. 

Om sy Woord te bestudeer en dit in ons harte te bêre, bring lewe. Wanneer ons Hom aanbid laat ons die Heilige Gees toe om ons aan te moedig en te genees sodat ons weer kan vertrou. Wanneer ons leer hoe om ons perspektief te verander, soos dit hier verduidelik word, help dit ons om van ons vrees vir die onverwagse ontslae te raak en op God te vertrou. 

Aangepas uit "Unexpected: Leave Fear Behind, Move Forward in Faith, Embrace the Adventure" deur Christine Caine. Kopiereg © 2018 deur Christine Caine. Herdruk met toestemming van Zondervan Uitgewers. Alle regte voorbehou.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Unexpected

Dit is tyd om vrees agter te laat, in geloof vorentoe te beweeg en om die avontuur aan te gryp. Met behulp van hierdie 14-dag leesplan gaan jy jou geloof versterk in 'n God wat goed is en leer om in die vreugdevolle vryheid van volkome vertroue in Hom te leef, selfs in onverwagte omstandighede. 

More

Ons bedank graag Christine Caine vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.christinecaine.com/unexpected