Ek Voel OnbekwaamVoorbeeld
Is jy beskikbaar?
Ek het geen taal wat swak genoeg is om die swakheid van my geestelike lewe uit te beeld nie. As ek dit toelaat om verder te verswak sal dit geen taal meer wees nie. – C. S. Lewis, "Letters to Malcolm: Chiefly on Prayer"
Wat as jou vaardighede verroes het?
Wat as jy lanklaas jou gawes beoefen het?
Wat as jy nog net daaroor gedroom het om dit te doen?
Die evangelie volgens Johannes gee vir ons meer besonderhede oor die vermeerdering van die brood, wat Lukas uitgelaat het. In Lukas lees ons dat die dissipels die brood en vis gehad het, maar in Johannes vind ons uit hulle het dit by 'n seuntjie gekry (Johannes 6).
Was dit sy gesin se aandete? Was sy gesin dalk ook daar? Is hy uitgestuur om take te gaan verrig en het van koers verander na Jesus toe, en nou is hy laat vir ete? Wie weet?
Wat ons wel weet, is dat die seuntjie net vyf brode en twee vissies gehad het, wat die dissipels aan Jesus gegee het, en almal kon sien dat dit nie genoeg sal wees nie.
Van jongs af word ons geleer dat besonderse mense besonderse dinge doen, gewone mense doen gewone dinge en 'n groot groep onder-gemiddelde mense doen onder-gemiddelde dinge.
Besonderse dinge is vir die vooraanstaandes.
Die res van ons is minderwaardig.
Charles Spurgeon het oor hierdie gedeelte gesê: “Al wat saak maak, is dat die seuntjie se brode in die Here se hande was.”
Dit kon tien brode of 'n halwe een gewees het. Vars brood of ou brood. Dit kon selfs net krummels in die seuntjie se mandjie gewees het.
In Jesus se hande is "nie genoeg nie" meer as genoeg.
Jesus het vir sy dissipels gesê om die mense te voed, en Hy het hulle bemagtig om dit te kan doen – dit maak nie saak wat die hoeveelheid of kwaliteit was van wat hulle tot hul beskikking gehad het nie.
Dit maak nie saak dat jy nie genoeg het om te gee nie. Dit maak nie saak dat jou vaardighede verroes is nie. Dit maak nie eens saak dat jy nie die spesifieke vaardighede het nie. Al wat saak maak, is dat jy jouself vir Jesus beskikbaar stel.
Here, ek kan myself deur my swakhede en tekortkominge definieer, of ek kan myself definieer deur my beskikbaarheid aan U. Help my om met oop hande na U te kom met al die brode en visse in my lewe. Amen
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Voel jy onbekwaam vir dit wat God jou vra om te doen? Is dit iets buite jou talente, vermoëns of vaardighede? In hierdie 5-dag leesplan deel Pete Briscoe hoe aardse beperkings nooit verhinder wat God deur ons wil bereik nie. Ons kan vertrou dat as God ons geroep het — Hy ons sal toerus.
More