Ek Voel OnbekwaamVoorbeeld

Meer as getuigskrifte
Die een ding waarmee ek nog altyd goed was, was om beurse en pryse te wen, maar daardie era is besig om tot 'n einde te kom. – Sylvia Plath, The Bell Jar
Amerika het meer as 2 600 geakkrediteerde universiteite en technikons, met omtrent meer as 10 miljoen studente wat op 'n slag ingeskryf is. Amper twee miljoen gegradueerdes betree die arbeidsmag jaarliks, maar daar is een probleem: te veel mense het presies dieselfde kwalifikasie vir die beskikbare werksgeleenthede.
Wat doen hulle dan? Die mees kompeterende onder hulle spring in en kry nog 'n kwalifikasie en addisionele vaardighede. Dit is die Amerikaanse kultuur; hoogs gespesialiseerde vaardighede word as baie waardevol geag om werksgeleenthede te verseker.
Die idee dat God iemand sou vra om iets buite hul vaardighede te doen, word as strydig met die bestaande kultuur beskou. Ons wil mense se vaardighede by die taak laat pas. Ons wil ook hê dat hulle gekwalifiseerd moet voel. Dit is hoekom ons so baie geld spandeer om geleerdheid in ons spesifieke belangstellingsvelde te verkry.
Hoekom sal God ons dan in so 'n ongemaklike posisie plaas?
In die evangelie volgens Lukas stuur Jesus sy dissipels uit met 'n doel voor oë. Hy verwag dat hulle, net soos Hy, mense sal genees en bose geeste sal uitdryf. Hy weet hulle is nie gekwalifiseerd nie, maar het aan hulle "mag en gesag" gegee om dit te doen (Lukas 9:1). Geen kwalifikasies was nodig nie. Geen ekstra klere, geen geld, geen kos. Net afhanklikheid van Jesus se mag en gesag.
Die dissipels was ook baie suksesvol. Soveel so dat Herodes, die heerser, daarvan gehoor en gesê het: “'Johannes het ek self laat onthoof. Maar wie is hierdie man van wie ek sulke dinge hoor?' En hy het probeer om Hom te sien te kry.” (vers 9).
Die dissipels het gepreek en siekes genees, maar Herodes het "Hom probeer sien", enkelvoud. Hierdie opmerking wys vir ons hoekom.
Jesus nooi ons om dinge bo ons vaardighede te doen, want Hy weet dat ons dan op Hom moet vertrou om ons te bemagtig. Deur God se bemagtiging sal ander vir God deur ons leer ken.
Jesus, onbekwaamheid sê ek is nie goed genoeg nie. U sê dat enigiets wat ek bied, meer as genoeg is. Laat ek elke dag meer staatmaak op die "meer as genoeg" Heilige Gees wat binne my is, terwyl ons saam dinge doen wat bo mý vaardighede is. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Voel jy onbekwaam vir dit wat God jou vra om te doen? Is dit iets buite jou talente, vermoëns of vaardighede? In hierdie 5-dag leesplan deel Pete Briscoe hoe aardse beperkings nooit verhinder wat God deur ons wil bereik nie. Ons kan vertrou dat as God ons geroep het — Hy ons sal toerus.
More