Ek Voel OnbekwaamVoorbeeld

I Feel Inadequate By Pete Briscoe

DAG 1 VAN 5

Almal (anders) is fantasties

Weier om doodgewoon te wees. Laat jou hart so hoog sweef as wat hy wil. – A. W. Tozer

Wanneer laas het iemand jou gevra om iets te doen wat buite jou vaardighede val? Dalk was dit om iets by die huis reg te maak? Miskien het jou vrou jou gevra om op 'n Saterdagoggend 'n handdoekreling in die badkamer op te sit, en in die proses het jy 'n lek in die stortkraan ontdek, 'n verrotte houtondervloer en muf. Nou staan jy kniediep in 'n hoop rommel en wonder: "Wou ek nie net my handdoekreling opgesit het nie?"

Wanneer laas het God jou gevra om iets buite jou vaardighede te doen? As jy gewillig was, sou jy in 'n rol getree het wat bo jou vuurmaakplek gevoel het.

Ek was 22 jaar oud en 'n jeugpastoor, toe van die ouers by my om raad kom aanklop het oor hul rebelse tiener. Ek was maar skaars vyf jaar ouer as hulle kind, en ek het heeltemal onbekwaam gevoel.

Ek het presies dieselfde gevoel ervaar toe ek as senior pastoor by 'n man gesit het wat sy vrou vir so lank afgeskeep het, dat sy hom verlaat het. Hy het my gevra wat hy moet doen, en ek het nie geweet wat om hom te antwoord nie.

Ek het weer 'n paar jaar later so gevoel, toe ek besef ek het my eie vrou afgeskeep en moes nou in hierdie terrein van die lewe begin groei. Ek het nie geweet waar om te begin nie.

Die algemene gevoel in al hierdie situasies is die gevoel van onbekwaamheid. Onbekwaamheid sê dat ek beperkte hulpbronne het wat my insette kniehalter.

Ons leer hierdie patroon van kleins af. Daar is bekwame mense wat wonderlike goed doen, en dan is daar gewone mense wat gewone goed doen. Dan is daar ook 'n groot groep onbekwame mense wat onder-gemiddelde goed doen.

Jeugsport is 'n goeie voorbeeld hiervan. Bekwame kinders kry baie speeltyd, gewone kinders vul die gapings en word reserwes en onbekwame kinders sit op die kantlyn. Groot ondernemings is nog 'n goeie voorbeeld. Bekwame mense word bevorder, gewone mense bly in dieselfde posisies en onbekwame mense word afgedank.

Ek wil egter hê jy moet dít besef: om te glo dat ons beperkings ons insette bepaal is 'n aardse denkwyse. Hierdie denkwyse het geen plek in Jesus se plan vir ons lewens nie.

Jesus, ek wil so graag vry wees van hierdie prestasiegedrewe ingesteldheid. Maak my hierdie week vry van my beperkings terwyl ek leer wat dit beteken om op U te vertrou. Amen.

Ontvang nog onderrig van Pete met 'n daaglikse oordenking per e-pos! 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

I Feel Inadequate By Pete Briscoe

Voel jy onbekwaam vir dit wat God jou vra om te doen? Is dit iets buite jou talente, vermoëns of vaardighede? In hierdie 5-dag leesplan deel Pete Briscoe hoe aardse beperkings nooit verhinder wat God deur ons wil bereik nie. Ons kan vertrou dat as God ons geroep het — Hy ons sal toerus.  

More

Ons wil graag vir Pete Briscoe bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.petebriscoe.org/