Ek Voel OnbekwaamVoorbeeld

I Feel Inadequate By Pete Briscoe

DAG 2 VAN 5

Hardloop na onbekwaamheid toe

Die enigste manier om die grense van die moontlike te ontdek, is om 'n entjie verby hulle te waag ... – Arthur C. Clarke

Hardloop jy? Ek bedoel nie of jy aan halfmaratons of maratons deelneem nie. Ek wil eintlik weet of jy 'n persoon is wat weghardloop van die geringste gevoel van onbekwaamheid?

Baie jare gelede het "Campus Crusade" my gevra om 'n dramatiese monoloog by een van hul geleenthede voor te lees. Ek het ure daaraan gewy om vir my twee ure solo voor te berei. Die aand van die geleentheid het ek en Libby in die voorste ry gesit, die program geniet en my beurt in opwinding afgewag. Net toe dit my beurt was om die verhoog te bestyg, sê die aanbieder: "Ons het 'n verrassing vir julle!" Vonette Bright, die stigter van die "Campus Crusade" se vrou, was op die foon.

Vonette kondig toe oor die luidspreker aan dat haar man, Bill, daardie aand sou sterf. Daar het 'n stilte oor die gehoor gedaal, trane het in oë gevorm terwyl ons na Bill se verhaal geluister het.

Toe was dit my beurt. Voor die ligte aangegaan het, het ek die trane van my wange afgevee en nagedink oor die intense oomblik wat ons almal pas gedeel het. Toe tref dit my. Ek kan niks onthou van my monoloog nie! Hier staan ek gereed om vir twee ure op die verhoog op te tree, en ek kan niks onthou nie.

Op daardie oomblik was ek pynlik bewus van my tekortkominge en het vir 'n paar sekondes daaraan gedink om voor die ligte aangaan, vinnig weg te hardloop.

Onbekwaamheid is 'n stryd. Dit kan ons knieë lam maak of ons uittart. Ons wil weghardloop of die versoek ignoreer – ons is seker daarvan dat God die verkeerde persoon vir hierdie werk in gedagte gehad het.

Dit is hoe die vraag ontstaan: Vra God werklik mense om dinge bo hul vermoëns te doen?

Lukas 9 antwoord ons as volg: “beslis.”

Jesus se dissipels het so pas teruggekeer na hul eerste bediening waar hulle die evangelie verkondig en siektes genees het. Jesus nooi hulle om by Hom te kom sit. Die skare volg toe ook en Jesus verwelkom hulle en hou aan om vir hulle te preek tot die son begin sak.

"Toe die son begin sak, kom die twaalf na Hom toe en sê: 'Stuur die mense weg dat hulle by die dorpe en plase in die omtrek slaapplek en kos kan gaan soek, want ons is hier op 'n verlate plek'" (vers 12).

"'Gee julle vir hulle iets om te eet,' sê Hy toe vir hulle" (vers 13a).

"Maar hulle antwoord: 'Ons het hier niks meer as vyf brode en twee visse nie. Of moet ons self vir hierdie klomp mense gaan kos koop?'" (vers 13b).

Jesus het oë gehad om die honderde honger mense te sien. Hy het geweet daar is nie genoeg kos nie, maar tog het Hy die dissipels gevra om vir hulle kos te gee.

Hoekom?

Here, dit is moontlik dat my fokus op my eie beperkings waardevolle oomblikke van aanbidding gesteel het. Eerder as om na 'n stem van selfveragting te luister, versterk in my 'n stem van lof vir U en die manier waarop U met my wil saamwerk. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

I Feel Inadequate By Pete Briscoe

Voel jy onbekwaam vir dit wat God jou vra om te doen? Is dit iets buite jou talente, vermoëns of vaardighede? In hierdie 5-dag leesplan deel Pete Briscoe hoe aardse beperkings nooit verhinder wat God deur ons wil bereik nie. Ons kan vertrou dat as God ons geroep het — Hy ons sal toerus.  

More

Ons wil graag vir Pete Briscoe bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.petebriscoe.org/