Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Lent Devotional: Restore

DAG 28 VAN 47

Herstel: 'n Gevaarlike lewe

Kan jy jou verbeel dat jy met blare betaal word? Blare wat jy dan as kos vir jou kinders moet gee? Dit is die skokkende werklikheid vir Matunda, 'n Mbuti-pigmee van die Demokratiese Republiek van die Kongo. Na 'n dag se harde werk op iemand anders se plaas, kry sy net 'n handvol maniokblare en jams, 'n knolgroente.

In haar dorpie slaap hulle in tydelike hutte wat lek as dit reën. Daar is net een kookpot vir die hele dorpie. Daar is nie veilige drinkwater nie, ook nie 'n skool of geld vir medisyne nie. Dis armoede op so 'n groot skaal dat dit moeilik is om jou dit voor te stel.

Die enigste manier om iets te ete te kry, is om die lang reis na die naaste dorp aan te pak, waar hulle op plase werk in ruil vir oorskietkos. Matunda en haar gesin eet net een klein maaltyd per dag. En dis nie al nie; die amper onverteerbare kos van gekookte jams en maniokblare, maak haar en haar kinders baie siek.

Vanaf 19 Maart gaan honderde mense deelneem aan die "Mean Bean"-uitdaging om geld in te samel vir mense soos Matunda – vyf dae van 'n hongerervaring, om diegene te help wat in hierdie verskriklike werklikheid leef.

Bid asseblief vir mense soos Matunda, en vir almal wat vanjaar aan die "Mean Bean"-uitdaging deelneem. Bid dat God se hart openbaar sal word en dat ons lewens sal sien herstel, potensiaal wat bereik word en ongeregtigheid wat tot 'n einde kom.

Andy Robertson, Tearfund

Vind meer uit oor die "Mean Bean"-uitdaging. 

Dag 27Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

Lent Devotional: Restore

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.

More

Baie dankie aan Tearfund wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.tearfund.org