Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Lent Devotional: Restore

DAG 47 VAN 47

Herstel: Die mislukking van mislukking

Die duiwel het dalk Paasoggend baie goed gevoel toe hy glo dat hy gewen het. Ek verbeel my graag die uitdrukking op sy gesig toe Christus die dood oorwin en permanente hoop vir die wêreld gebring het.

Mislukking is nooit die einde nie. God spesialiseer in tweede kanse – sy genade is elke oggend nuut.

Dit wat soos 'n nederlaag lyk, kan tot die grootste oorwinnings lei. Is dit nie wat aan die kruis gebeur het nie? 'n Gebeurtenis wat soos 'n finale terugslag gelyk het, was in werklikheid net die begin van God se finale oorwinning.

Jesus moes eers na die doderyk neerdaal voordat Hy uit die dood kon opstaan. 'n Saad moet eers begrawe word voordat dit nuwe lewe kan voortbring.

Dis die hoop wat ons het, die hoop van Paasfees. Ons kan mislukkings, foute en nederlae in die gesig staar – selfs die dood – en vir Christus dankie sê dat Hy ons nie sal laat omkom nie.

Tearfund sal nooit ophou om daardie hoop te neem na die plekke waar die nood die grootste is nie.

Here Jesus,

ek kan nie genoeg vir U dankie sê vir die opoffering wat U gemaak het nie,
vir die pyn wat U ter wille van liefde verduur het nie.
Ek kan nie genoeg vir U dankie sê dat U weer uit die dood opgestaan het nie,
dat U 'n einde aan sonde en die dood gebring het.
Ek kan nie genoeg vir U dankie sê dat U die ewigheid met my wil deurbring nie,
dat U my met geregtigheid en heiligheid klee.
Danksy U hoef ek niks te vrees nie;
danksy U kan ek met hoop lewe;
danksy U het ek 'n liefde wat nooit sal vergaan nie.

Amen.

Gideon Heugh, Tearfund

Dag 46

Aangaande hierdie leesplan

Lent Devotional: Restore

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.

More

Baie dankie aan Tearfund wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.tearfund.org