Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Lent Devotional: Restore

DAG 43 VAN 47

Herstel: God is besig om gelykheid te herstel

Jesus het in sy onverbiddelike liefde gekom om elkeen van ons met God te versoen en die gebrokenheid in ons en met mekaar te herstel. 

Tearfund is tans besig om dit vir sommige van die wêreld se brose en armoedige mense te doen, insluitende die Mbuti-pigmeë in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK). 

Met verloop van tyd het die naburige stam op die Pigmeë begin neersien en hulle armoede en kwesbaarheid begin uitbuit. Om hierdie probleem aan te spreek, betrek die leiers van die naaste kerk in Madzangina die Pigmeë in gemeenskapsontwikkeling. Motema, die leier van die Pigmeë, is hoopvol dat dinge sal verander: 

Hy sê: "Dit is 'n baie belangrike vennootskap, want dit sal ons in staat stel om meer aansien te hê en soos ander mense te wees. Dis 'n geleentheid om al die mense te verenig. Deur middel van hierdie vennootskap hoop ons dat ander mense in staat sal wees om te verstaan hoe ons leef." 

Hemelse Vader, dankie dat U ons as gelykes geskep het. Elkeen van ons is na u beeld geskape. Stel asseblief gemeenskappe wêreldwyd in staat om hierdie waarheid uit te leef en mekaar met vriendelikheid te behandel. Ek besef dat dit by my moet begin. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 42Dag 44

Aangaande hierdie leesplan

Lent Devotional: Restore

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.

More

Baie dankie aan Tearfund wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.tearfund.org