Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Lent Devotional: Restore

DAG 33 VAN 47

Herstel: Vryheid

Sy kyk af na die dorre aarde
onder haar stowwerige, kaal voete,
dan op na die bewerige horison.
Gebede vir reën drup uit haar siel,
maar raak nie aan haar gebarste lippe nie.

Sy balanseer die swaar waterkan
op haar sterk, trotse kop
en begin met die lang pad huis toe,
met die hoop die water is nie skadelik vir haar kinders nie,
in die wete dat dit heel waarskynlik is.

Sy kom nader aan haar son-verskroeide dorpie,
'n té stil plek, té stil.
Sy sug met 'n droë asem.
Dan vul 'n wonderlike klank haar ore —
'n gelag, opgewek, vol lewe en aanhoudend.

Sy glimlag terwyl die kinders hardloop en dans,
met blink gesiggies na haar kant toe,
stemme soos beantwoorde gebede.
Sy stap voort en wonder
of hulle nog vry sal wees as sy nie meer daar is nie.

Gideon Heugh, Tearfund

(Vrye vertaling in Afrikaans)
Dag 32Dag 34

Aangaande hierdie leesplan

Lent Devotional: Restore

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.

More

Baie dankie aan Tearfund wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.tearfund.org