Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Lent Devotional: Restore

DAG 32 VAN 47

Herstel: Die "Mean Bean" Uitdaging

In Desember 2017 het ongeveer 20 studente van Durham, in Engeland, aan ons "Mean Bean"-uitdaging deelgeneem. Op die tweede dag het hulle die volgende webjoernaal-inskrywing gedoen, wat ons vandag op ons gebede kan help fokus:

"Dis dag twee van ons "Mean Bean"-uitdaging en ek moet erken dat dit nie maklik is nie!"

"Daar so baie verhale van vreeslike, desperate situasies waar Tearfund kon ingryp en volhoubare hulp aan mense kon verleen om die kwessie van voedseltekorte te oorkom. Daar is egter nog so baie honger mense regoor die wêreld wat ons hulp nodig het. Dis dalk 'n groot probleem, maar dit beteken nie dat ons nie 'n groot invloed kan hê in die oplossing nie: ons het 'n God wat lief is vir die honger mense en wat ons harte laat breek sodat ons oë kan oopgaan en ons hulle kan help."

"Die gerusstelling in die wete dat ons soveel pap, rys of boontjies kan eet as wat ons wil, is eintlik 'n luukse in hierdie wêreld. Indien jy nie aan die uitdaging deelneem nie, vra ons jou om te bid vir hulle wat dit wel doen."

Hemelse Vader, dankie dat U 'n God is wat medelye het, 'n God wie se hart breek vir hulle wat in nood is. Ons dra almal in die wêreld aan U op, wat lyding ervaar as gevolg van politieke onrus, konflik, klimaatsverandering en natuurrampe. Ons bid om u beskerming en voorsiening vir die honger mense en ons bid dat U die mense sal seën wat help om vir hierdie probleme oplossings te bied.

Amen.

Andy Robertson, Tearfund

Vind meer uit oor die "Mean Bean"-uitdaging.

Dag 31Dag 33

Aangaande hierdie leesplan

Lent Devotional: Restore

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.

More

Baie dankie aan Tearfund wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.tearfund.org