JakobusVoorbeeld
Lees: Jakobus 2:8-13
SOAP: Jakobus 2:8-9
Jakobus roep gelowiges aan met die opdrag om jou naaste soos jouself lief te hê. Gelowiges moet God liefhet met alles wat ons is en met alles wat ons het. Alleenlik dan kan ons die behoeftes van ander bo onsself plaas.
Wat openbaar ons gesindheid en askies van opoffering en gee aan ander oor Jesus? Opofferende gee van ons geld, ons tyd, ons liefde, ons talente en ons gawes aan ander, wys dat ons die Here vertrou om al daardie dinge in ons lewens te voorsien en aan te vul. Dit wys dat Hy waarlik die middelpunt van ons harte is.
Vader God, U is my ruimhartige Voorsiener, wat onselfsugtig in my lewe voorsien. Here, leer my om goedgunstig te wees, om te gee sonder om die koste te bereken, en om op te offer, sonder om dit vir erkenning of beloning te doen. In Jesus se naam. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studie kyk ons dieper na God se wysheid oor lyding, die krag van gebed, die belangrikheid om die tong te beheer, en die gevare van rykdom. Jakobus daag ons uit om nie net te praat nie, maar om tot die daad oor te gaan; om ons geloof uit te leef in 'n moedige strewe na heiligheid. Maar omdat niemand van ons perfek is nie, is dit belangrik om Jakobus te lees deur die lens van die evangelie. Soos jy hierdie boek bestudeer, soek na die dinge waar jy tekortskiet en bely dit, word bemoedig deur Christus se oorvloedige genade en word gemotiveer om 'n godsvrugtige lewe te leef deur Sy krag en vir Sy glorie.
More
Ons wil graag Love God Greatly bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com