Vas soos DaniëlVoorbeeld
Afdeling 2: Spesifiek
Son, Staan Stil
Kort nadat ek hierdie leesplan geskryf het, het 'n seldsame sonsverduistering in die Verenigde State plaasgevind, en die beste plek om dit te sien, was ses ure se ry van my af. Normaalweg dink 'n mens nie daaraan hoe vinnig die maan beweeg nie, maar as jy die videobeeld kyk, sien jy hoe vinnig dit oor die hele land in enkele ure beweeg het. Die totale kyktyd na die algehele sonsverduistering was minder as drie minute.
Terwyl ons gekyk het, het dit gevoel of alles vir 'n paar minute stilstaan, en toe skielik was dit donker.
Een van die grootste wonderwerke in die Ou Testament het plaasgevind toe die teenoorgestelde gebeur het: dit was nie die maan wat klaarblyklik stil gestaan het nie, die son het in die hemelruim tot stilstand gekom, vir 'n hele dag lank.
Hoekom? Omdat een Godsman gewaag het om 'n spesifieke, gewaagde gebed te bid. Ons het so pas vyf dae lank ontdek hoe nederige gebede kragtig kan wees, en wanneer jy dus van Josua lees, wat vir die son gesê het om stil te staan, kom dit baie gewaagd voor, selfs arrogant. Ek dink egter nie dit was arrogant van Josua om so te bid nie:
Hy het van God gehoor.
God het duidelik vir Josua gesê dat Hy sy vyande in sy mag oorgee, en toe die dag naderkom aan die vervulling van God se belofte aan sy volk, het Josua die geloof gehad om een verstommende, gewaagde gebed te bid: "Son, staan stil!"
Josua se gebed is 'n goeie voorbeeld van die volgende element van kragtige gebede waarna ons oor die volgende vyf dae gaan kyk: spesifiek (onthou — nederig, spesifiek, aanhoudend, vol verwagting).
Gister het ons oor die Naam van Jesus en die gesag wat Hy ons gee gesels, maar wat baat sy gesag as ons dit nie toepas nie? Nederige, spesifieke gebede is kragtig, want as ons God se hartklop ervaar en met Hom in gebed oor 'n spesifieke saak saamstem, kan dit die koers van die hemele verander — of ons harte.
Op watter spesifieke dinge wil God hê dat jy hierdie soort gewaagde gebed toepas? Redding van 'n geliefde wat ver van God af leef? Siekte in jou liggaam? 'n Beterweterige tiener wat op 'n ramp afstuur? Maak seker dat jy die Woord van God leer ken wat hierdie sake betref — en vra Hom dan. Met waagmoed!
Nadat jy oor Josua gelees het, gaan voort met jou dag en vra God vir spesifieke, kragtige gebede wat jy in die weergalose Naam van Jesus kan bid.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Laat ek nou maar eerlik wees, ek hou nie van vas nie! Dis nie pret om van jou geliefkoosde kos en die gemaklike leefstyl wat jy handhaaf, afstand te doen nie. Ek hou dalk nie van vas nie, maar ek hou baie van die resultate. Die "Daniël vas" het MY LEWE VERANDER! As jy die vas toegewyd doen en hierdie leesplan volg, gaan dit jou lewe ook verander. Kom ons skep ruimte vir God op hierdie aangryplike reis wanneer ons vas soos Daniël dit gedoen het.
More