Vas soos DaniëlVoorbeeld
Haters
Daniël het met ernstige haters te doen gekry. Hulle was jaloers, ambisieus en dodelik. Jou teenstanders lyk heel moontlik baie anders as Daniël s'n. Jou humeurige baas, kollegas wat vuil taal gebruik, vriende wat skinder, mede-studente wat gewild wil wees of jou finansiële bekommernisse, lyk dalk makliker in vergelyking met diegene wat vir Daniël soveel gehaat het dat hulle hom wou doodmaak. Wat dit ook al is, teenstand het 'n manier om ons nader aan God te bring, dus vind ons dit natuurlik in daardie moeilike tye om vir Hom om hulp teen onreg te vra.
Daar is egter iets waaraan jy seker nie gedink het nie: niks toets jou beter as sukses nie. Wanneer ons sukkel, vind ons dit maklik om na God te gaan omdat ons dringend hulp nodig het — so GOU as moontlik!
Wag egter net tot jy sukses ervaar. Raai wie maak dan hulle verskyning? Die haters en die duiwel. Ek stel dit graag só: elke nuwe vlak wat jy bereik, het sy eie duiwel. Daar is haters in die lewe en dan is daar die hater van alle haters, die duiwel. Dis nie deesdae gewild om in 'n regte duiwel te glo nie, maar alhoewel hy nie met 'n rooi pak klere en 'n spitvurk rondloop nie, is die een wat die Bybel van praat, "die vyand van ons siel" en die "aanklaer", baie werklik. Hy is die oorspronklike hater en hy wil jou doodmaak!
Hy wil jou daarvan weerhou om die lewe te hê wat God vir jou wil gee. Hy sal ander mense gebruik, maar hy ken die menslike natuur baie goed. Hy weet wanneer ons 'n bietjie sukses behaal, raak ons trots. Hy hou ons fyn dop wanneer ons bevorder word of iets bereik en wag vir die geleentheid om iets goed teen ons te gebruik — hy maak seker dat ons trots raak.
Daniël het goeie opgang gemaak en het nou voor die teenstand van een van die hoofleiers in Persië te staan gekom. Daniël het dit hanteer soos hy al die ander goed hanteer het: hy het na God toe gegaan.
Hoe gaan jy jou haters hanteer?
Die enigste manier om haters te beveg, is om na die Een te gaan wat liefde is, en die enigste manier om sukses te hanteer is op dieselfde manier as jou probleme — op jou knieë in nederige gebed. Dis hoe Daniël sy haters hanteer het en dis hoe ons hulle vandag nog steeds moet hanteer. Wanneer ons soos Daniël vas, vertrou ons dat God ons haters sal hanteer en ons laat toe dat ons almagtige God die duiwel hanteer.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Laat ek nou maar eerlik wees, ek hou nie van vas nie! Dis nie pret om van jou geliefkoosde kos en die gemaklike leefstyl wat jy handhaaf, afstand te doen nie. Ek hou dalk nie van vas nie, maar ek hou baie van die resultate. Die "Daniël vas" het MY LEWE VERANDER! As jy die vas toegewyd doen en hierdie leesplan volg, gaan dit jou lewe ook verander. Kom ons skep ruimte vir God op hierdie aangryplike reis wanneer ons vas soos Daniël dit gedoen het.
More