Die Woord van God vir Elke BehoefteVoorbeeld

God's Word For Every Need

DAG 5 VAN 5

'N TASBARE BEWYS VAN LIEFDE

“… die Vader self het julle lief … ”

Die aand voor Jesus se dood, het Hy vir sy dissipels gesê dat die Vader hulle liefhet. Die betekenis van die woord “liefde” in hierdie konteks, dui nie op ‘n dienswillige besorgdheid of onselfsugtige, opofferende toewyding nie. Dit vergestalt “’n tasbare bewys van liefde” – ‘n liefde wat oorloop van warmte en volkome sigbaar is. Dit is só belangrik om dit te begryp. Die Vader se liefde is nie dienswillig of formeel nie. Nee, Jesus se woorde hier beteken dat “die Vader se liefde oneindig groot, innig en tasbaar is.” Hoe omvangryk is hierdie liefde nie! So baie aardse vaders is fisiek of emosioneel afsydig. Dit is nie die geval met ons hemelse Vader nie. Toe Jesus gesterf het en opgestaan het uit die dood, het Hy opgevaar na die hemel en vanuit die hemel die Heilige Gees op sy volgelinge uitgestort. Sy dissipels is so gevul met die Gees van oortuiging dat hulle aangenome kinders van God is, dat hulle hardop uitgeroep het: “Vader!” Van daardie oomblik af was hulle bewus van die Vader se tasbare bewys van liefde vir hulle – met sy sterk, vertroostende en liefdevolle arms. Dit is wat Jesus ook vir ons begeer. Kom ons vra Hom om ons te help om van hierdie liefde in ons denke sowel as in ons harte bewus te wees. Kom ons ervaar die Vader se tasbare bewys van liefde.

GEBED

Dierbare Here Jesus, help my om in my hart daarvan bewus te wees dat die Vader self my oneindig en innig liefhet, en sy liefde tasbaar bewys. Ek vra dit in u Naam. Amen.

Kom meer te wete by: Destiny Image Uitgewers, of kom meer te wete oor die boek by: Amazon or Barnes and Noble.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

God's Word For Every Need

Die lewe kan moeilik wees. Wanneer jy voor uitdagings te staan kom en bemoediging nodig het, is die Woord van God jou beste toevlugsoord. Dit is egter dikwels moeilik om te weet waar om te soek. Die oordenkings in hierdie leesplan, Die Woord van God vir Elke Behoefte, bevat belangrike Skrifgedeeltes wat elkeen wat die Bybel bestudeer, kan raadpleeg wanneer die lewe met jou wipplank ry. Vertrou op God om jou deur jou moeilike tye te dra.

More

Ons wil graag vir Destiny Image Uitgewers vir die voorsiening van hierdie leesplan bedank. Vir verdere inligting, besoek gerus: http://www.destinyimage.com