Die Woord van God vir Elke BehoefteVoorbeeld
’N HEMELSE UITNODIGING
”… Ek sal vir julle ‘n Vader wees …” (2 Korintiërs 6:18).
Watter Bybelvers is die belangrikste? Baie mense sou Johannes 3:16 noem: “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het ...” Nietemin, die volgende teksvers uit Paulus se tweede brief aan die kerk in Korinte, kan ook as ‘n belangrike stelling beskou word. Tot ‘n mate, kan God se volledige plan en doel in die volgende woorde opgesom word: ”… Ek sal vir julle ‘n Vader wees …” (2 Korintiërs 6:18). Hierdie was God se plan sedert die sondeval van Adam en Eva in die tuin van Eden. Die sondeval het die mensdom van die Vader se liefde geskei. In werklikheid, het ons geestelike weeskinders geword – nie langer in staat tot ‘n verhouding met God ons Vader nie. Danksy Jesus, het dit egter alles verander! Jesus is die antwoord op ons weeskindstatus. Hy het na die wêreld toe gekom om vir ons sondes te sterf en ons as aardse aanneemkinders in die Vader se familie in te sluit. Nou kan ons God “Vader” noem en in sy liefdevolle arms rus. In hierdie reeks oordenkings, nooi Jesus ons uit om op hierdie onveranderlike woorde te reageer: ”… Ek sal vir julle ‘n Vader wees …”
GEBED
Dankie Vader God, vir u uitnodiging om U as Vader te ken. Terwyl ek hierdie reeks oordenkings begin, sê ek met my hele hart: “Ja”. In die Naam van Jesus. Amen.
Kom meer te wete by: Destiny Image Uitgewers, of kom meer te wete oor hierdie boek by: Amazon of Barnes and Noble.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die lewe kan moeilik wees. Wanneer jy voor uitdagings te staan kom en bemoediging nodig het, is die Woord van God jou beste toevlugsoord. Dit is egter dikwels moeilik om te weet waar om te soek. Die oordenkings in hierdie leesplan, Die Woord van God vir Elke Behoefte, bevat belangrike Skrifgedeeltes wat elkeen wat die Bybel bestudeer, kan raadpleeg wanneer die lewe met jou wipplank ry. Vertrou op God om jou deur jou moeilike tye te dra.
More