Die Woord van God vir Elke BehoefteVoorbeeld

God's Word For Every Need

DAG 3 VAN 5

GEEN GROTER LIEFDE

Hoe wonderbaarlik is die liefde wat die Vader aan ons bewys het!

Níks verskaf groter lewensvreugde as die wete dat God ons liefdevolle Vader is nie. Nogtans het baie mense, ook hulle wat Christen gelowiges is, nog nie hierdie onbeskryflike vreugde ervaar nie. Baie is deur hulle aardse vaders seergemaak en gevolglik verplaas hulle hulle persoonlike ervarings van wat vaderskap behels op God die Vader. God word dan as ‘n aardse vader beskou – ‘n afwesige ouer en iemand wat jou in die steek laat. Ander het ‘n voorstelling van God as ‘n afsydige en wraaksugtige Vader. Vergeleke met Jesus se voorstelling van die Vader, is nie een van hierdie voorstellings akkuraat nie. Jesus het gekom om die wonderbaarlike liefde van die Vader bekend te maak. Ja, God is die Koning. Ja, God is die Here. Ja, God is die Regter. Hy is egter by uitstek die Vader wat die aardse weeskinders so innig liefgehad het dat Hy sy enigste Seun gestuur het om slawe tot seuns en weeskinders tot erfgename te maak. Van alle seëninge is hiérdie die grootste – die besef dat daar géén groter Vader as God is nie. Indien jy nie ‘n goeie aardse vader gehad het nie, besef die volgende: jy het ‘n volmaakte Vader in die hemel wat ook vir jóú sy wonderbaarlike liefde deur Jesus bewys het.

GEBED

Vader, ek dank U dat U nie afsydig is nie, maar by ons betrokke is. Help my om terwyl ek hierdie oordenkings lees, ‘n groter intimiteit met U te geniet. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

God's Word For Every Need

Die lewe kan moeilik wees. Wanneer jy voor uitdagings te staan kom en bemoediging nodig het, is die Woord van God jou beste toevlugsoord. Dit is egter dikwels moeilik om te weet waar om te soek. Die oordenkings in hierdie leesplan, Die Woord van God vir Elke Behoefte, bevat belangrike Skrifgedeeltes wat elkeen wat die Bybel bestudeer, kan raadpleeg wanneer die lewe met jou wipplank ry. Vertrou op God om jou deur jou moeilike tye te dra.

More

Ons wil graag vir Destiny Image Uitgewers vir die voorsiening van hierdie leesplan bedank. Vir verdere inligting, besoek gerus: http://www.destinyimage.com