Die Woord van God vir Elke BehoefteVoorbeeld

God's Word For Every Need

DAG 4 VAN 5

KINDERS VAN GOD

”Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God …” (1 Johannes 3:1).

In die vorige oordenking het ons bewus geword van God wat as Vader aan ons sy wonderbaarlike liefde bewys het. Onmiddellik nadat Johannes, die dissipel, dit beklemtoon het, herinner hy ons daaraan dat wanneer ons die keuse gemaak het om Jesus te volg, word ons “kinders van God” genoem. Dit is wie ons in werklikheid is. Dít is ons ware identiteit. Ons selfwaarde berus nie op dit wat ons doen nie. Ons selfwaarde is nie gegrond op ons prestasies nie. Nee, ons bou ons ware identiteit op iets wat meer onwankelbaar en betroubaar is. Kan daar ‘n beter fondament as die kernboodskap van die Nuwe Testament wees – hulle wat Jesus ken, is die aangenome seuns en dogters van die Vader? Is dít hoe jy jouself sien? Indien nie, wil ek jou aanspoor om jou identiteit op hierdie waarheid te bou. Ek wil jou aanspoor om te doen wat Johannes, die dissipel, sê: “Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het ...” (1 Johannes 3:1). Hou hierdie waarheid in gedagte, dink daaroor na, bepeins dit en verlustig jou in die opregtheid daarvan. Indien jy dit doen, sal jy áltyd ‘n kragtige waarborg hê dat jou sekuriteit nie in dit wat jy doen nie, maar in jou kindskap van God gewortel is.

GEBED

Dierbare Vader, ek wil U loof omdat U my liefhet vir wie ek is – ‘n kind van God. Dankie vir hierdie aansien as u kind. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

God's Word For Every Need

Die lewe kan moeilik wees. Wanneer jy voor uitdagings te staan kom en bemoediging nodig het, is die Woord van God jou beste toevlugsoord. Dit is egter dikwels moeilik om te weet waar om te soek. Die oordenkings in hierdie leesplan, Die Woord van God vir Elke Behoefte, bevat belangrike Skrifgedeeltes wat elkeen wat die Bybel bestudeer, kan raadpleeg wanneer die lewe met jou wipplank ry. Vertrou op God om jou deur jou moeilike tye te dra.

More

Ons wil graag vir Destiny Image Uitgewers vir die voorsiening van hierdie leesplan bedank. Vir verdere inligting, besoek gerus: http://www.destinyimage.com