Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die GeesVoorbeeld
Dit is baie maklik om te preek, verskriklik maklik om ander te vertel wat om te doen; dit is egter iets heel anders wanneer God se boodskap jou soos 'n boemerang tref. "Jy het hierdie mense geleer dat hulle vol vrede en vreugde moet wees, maar wat van jouself? Is jy vol vrede en vreugde?" Die eerlike getuie is die een wat sy lig laat skyn deur werke wat Jesus se gesindheid vertoon; een wat die waarheid uitleef en dit verkondig.
Die manier waarop God se vreugde openbaar word, is deur 'n vrede wat nie lof verwag nie. Wanneer 'n mens 'n boodskap lewer wat hy weet van God is, word die getuienis van die vervulde doel onmiddellik duidelik, die vrede van God daal neer sonder dat die mens prys of blaam van iemand verwag.
OORDENKINGSVRAE:
1. Watter waarheid verkondig ek beter as wat ek beoefen?
2. Is daar onopgeloste konflik tussen my en iemand anders, wat 'n skaduwee gooi oor die lig van Christus in my?
3. Is ek te trots om vrede te maak?
Aanhalings uit: "The Love of God", © Discovery House Uitgewers.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
"Vrede: Lewe deur die Gees" is 'n inspirerende skat van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Vind rus in God en kry 'n dieper begrip van die belangrikheid van God se vrede in jou lewe.
More
Baie dankie aan Discovery House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.utmost.org vir meer inligting