Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die GeesVoorbeeld

Oswald Chambers: Peace - Life in the Spirit

DAG 10 VAN 30

Om " stil te wees voor God", beteken nie om bloot deur gevoelens meegesleur te word of in eerbied meegevoer te word nie, maar om doelbewus by die kern van dinge uit te kom en op God te fokus. Wanneer jy deur die versoening van die Here Jesus Christus in 'n verhouding met God gebring word, en op Hom konsentreer, sal jy wonderlike tye van gemeenskap ervaar. Terwyl jy net op God wag en op die heerlike riglyne van sy verlossing konsentreer, sal jy God se rustige vrede ervaar, die sekerheid dat jy op die plek is waar God alles in ooreenstemming met sy wil doen.

Die vrede wat ons Verlosser gee, is die diepste ervaring wat 'n mens kan meemaak, dit is allesoorheersend, 'n vrede wat alle verstand te bowe gaan.

OORDENKINGSVRAAG:
1. Het ek al die rustige vrede van God ervaar, waar ek algehele rus het, omdat ek weet dat God deur my werk, en dit nie ek is wat deur God werk nie?

Aanhalings uit: "The Place of Help", © Discovery House Uitgewers.
Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Peace - Life in the Spirit

"Vrede: Lewe deur die Gees" is 'n inspirerende skat van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Vind rus in God en kry 'n dieper begrip van die belangrikheid van God se vrede in jou lewe.

More

Baie dankie aan Discovery House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.utmost.org vir meer inligting